Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 9/1 bl. 27
  • ’n Wonderwerk vergelykbaar met ’n opstanding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wonderwerk vergelykbaar met ’n opstanding
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 9/1 bl. 27

’n Wonderwerk vergelykbaar met ’n opstanding

Op die ouderdom van 99 was Abraham te oud om ’n kind te verwek. Maar sy gevorderde ouderdom het die Skepper nie verhinder om sy voortplantingsvermoëns te herstel sodat dit vir Abraham moontlik was om Isak by sy geliefde Sara, wie se voortplantingsvermoëns ook herstel is, te hê nie (Gen. 17:17; 21:1, 2; Rom. 4:19). Omdat hierdie wonderwerk die herstel van liggaamselle vereis het, is dit voorwaar vergelykbaar met ’n opstanding. Dit was verbasend genoeg nie ’n tydelike herstelling van Abraham se vermoë om kinders te verwek nie. Na Sara se dood, toe Abraham weer getrou het, hierdie keer met Ketura, het hy nog ses seuns gehad—Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Meer as 40 jaar nadat sy voortplantingsvermoë herstel is, het Abraham dus steeds die vermoë gehad om kinders te verwek (Gen. 23:1; 25:1, 2). Dit lig goed toe wat die engel Gabriël eeue later vir die maagd Maria gesê het: “Geen ding sal by God onmoontlik wees nie” (Luk. 1:37) Die wonderwerk bevestig ook die sekerheid van die opstandingshoop.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel