SONG 158
“Dit sal nie laat wees nie!”
Wonders al om ons –
alles só perfek!
U’t als met geduld
ontwerp en toe geskep.
Dit sal als bly staan,
u sal dit bewaar
en als weer herstel –
dis waarvoor u nou wag.
(REFREIN)
Hoop brand hier diep in ons –
ons weet u dag gaan kom!
Gee ons geduld om te wag.
U dag is amper hier –
“dit sal nie laat wees nie!”
Maak nie saak hoe lank dit vat,
ons sal daarvoor wag!
‘U sal hulle roep,
hulle sal u hoor’
en t’rugkom na ons –
ons weet u wag daarvoor.
Hulle is tot dan
veilig in u hart,
en dis wat ons help
om saam met u te wag.
(REFREIN)
Hoop brand hier diep in ons –
ons weet u dag gaan kom!
Gee ons geduld om te wag.
U dag is amper hier –
“dit sal nie laat wees nie!”
Maak nie saak hoe lank dit vat,
ons sal daarvoor wag!
U soek met geduld
dié wat u ook soek –
u wil hulle red,
u wag om dit te doen.
Ons sal iemand leer
as u hulle trek –
hoe dankbaar is ons
om saam met u te werk!
(REFREIN)
Hoop brand hier diep in ons –
ons weet u dag gaan kom!
Gee ons geduld om te wag.
U dag is amper hier –
“dit sal nie laat wees nie!”
Maak nie saak hoe lank dit vat,
ons sal daarvoor wag!
Vader, help ons om te wag!
(Sien ook Kol. 1:11.)