Hoe om die meeste uit hierdie Bybellesse te kry
Kyk eers na hierdie oorsig, en speel dan die VIDEO.
EERSTE DEEL
Om voor te berei vir elke les, lees die eerste gedeelte. Vrae in vetdruk (A) en tekste (B) beklemtoon die hoofgedagtes. Jy sal sien dat party tekste gemerk is om te “lees”.
MIDDELSTE DEEL
Die eerste paragraaf (C) onder die opskrif Soek dieper verduidelik watter punte bespreek gaan word. Onderhofies (D) lei die hoofpunte in. Lees die tekste, beantwoord die vrae en kyk die video’s saam met jou Bybelstudiehouer.
VIDEO’S en OUDIO-OPNAMES help jou om die studiemateriaal beter te verstaan. Party video’s is ware verhale. Ander is nie ware verhale nie, maar beeld realistiese situasies uit.
Kyk na die prente en die beskrywings van die prente (E), en dink aan hoe jy sal antwoord by Party mense sê (F).
LAASTE DEEL
Die les eindig met Wat ons geleer het en Hersiening (G). Sit die datum in waarop jy die les klaargemaak het. Doelwit (H) gee jou iets om aan te werk. In die deel Leer meer (I) sal jy nog inligting kry wat jy kan lees of waarna jy kan kyk.
Hoe om Bybeltekste te kry
Die Bybel bestaan uit 66 kleiner boeke. Dit word in twee dele verdeel: die Hebreeus-Aramese Geskrifte (“Ou Testament”) en die Christelike Griekse Geskrifte (“Nuwe Testament”).
Wanneer ’n teks in hierdie boek aangehaal word, bestaan dit uit die Bybelboek (A), en dan die hoofstuk (B) en die vers of verse (C).
Byvoorbeeld, Johannes 17:3 verwys na die boek Johannes, hoofstuk 17, vers 3.