Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • sjj lied 19
  • Die Here se Aandmaal

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Here se Aandmaal
  • ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Heer se Aandmaal
    Sing vir Jehovah
  • Die Here se Aandmaal
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Maak jou weg suksesvol
    Sing vir Jehovah
  • Die lewenswonderwerk
    Sing vir Jehovah
Sien nog
‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
sjj lied 19

LIED 19

Die Here se Aandmaal

Gedrukte weergawe

(Matteus 26:26-​30)

  1. 1. Jehovah, ons hemelse Vader,

    dit is so ’n heilige nag!

    Eeue t’rug op dié aand sien u volk u sterk hand,

    u liefde, reg, wysheid en mag.

    Dis toe dat die Paaslam geslag is,

    en Israel, u volk, is bevry.

    Later lê onse Heer toe sy siel vir ons neer

    dat ons ewige lewe kan kry.

  2. 2. Die brood en die wyn laat ons nadink,

    u gawe aan ons was so groot.

    Want u Seun is gestuur

    as ’n losprys so duur;

    gehoorsaam was hy tot die dood.

    Ons dank u vir hierdie Gedenkmaal,

    wat ons weer laat dink aan ons hoop.

    Ja, u Seun het gesterf

    dat ons lewe kan erf,

    van die sonde is ons vrygekoop.

  3. 3. Vanaand het ons voor u vergader;

    voor u buig ons ned’rig die hoof.

    Ja, ons dank wil ons toon

    voor u hemelse troon,

    en u en u Seun wil ons loof.

    Want ons word met elke Gedenkmaal

    versterk en opnuut opgebou.

    Ons wil u elke dag dien met hart, siel en krag,

    en u guns wil ons altyd behou.

(Sien ook Luk. 22:14-20; 1 Kor. 11:23-26.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel