Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb bl. 94-95
  • Inleiding tot Deel 7

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Inleiding tot Deel 7
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Dawid en Saul
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Hoekom Dawid moet vlug
    My boek met Bybelverhale
  • Oorsig van 1 Samuel
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Dawid word koning gemaak
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb bl. 94-95
Dawid beskerm skape teen ’n beer

Inleiding tot Deel 7

Hierdie deel gaan oor die lewens van koning Saul en koning Dawid en strek oor sowat 80 jaar. Saul was eers nederig en het God gevrees, maar hy het kort voor lank verander en geweier om Jehovah se leiding te volg. Jehovah het hom verwerp en het mettertyd vir Samuel gesê om Dawid as die volgende koning van Israel te salf. Saul was jaloers op Dawid en het hom baie keer probeer doodmaak, maar Dawid het nooit wraak geneem nie. Saul se seun Jonatan het geweet dat Dawid Jehovah se keuse is, en daarom was hy lojaal aan Dawid. Dawid het ernstige sondes gepleeg, maar hy het altyd Jehovah se straf aanvaar. As jy ’n ouer is, moet jy jou kind help om te sien hoe belangrik dit is om altyd God se reëlings te ondersteun.

BELANGRIKE LESSE

  • Ons liefdevolle gehoorsaamheid is die belangrikste ding wat ons vir Jehovah kan gee

  • Moenie wraak neem nie, wag eerder op Jehovah om onregte reg te stel

  • As ons ’n ernstige sonde pleeg, moet ons dit nie probeer wegsteek nie

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel