Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 96 bl. 224-bl. 225 par. 2
  • Jesus kies Saulus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus kies Saulus
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vervolger sien ’n groot lig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Hy het sy denkwyse verander
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Op die pad na Damaskus
    My boek met Bybelverhale
  • Die gemeente het “’n tydperk van vrede ingegaan”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 96 bl. 224-bl. 225 par. 2
’n Helder lig skyn rondom Saulus

LES 96

Jesus kies Saulus

Saulus was ’n Romeinse burger wat in Tarsus gebore is. Hy was ’n Fariseër wat die Joodse Wet goed geken het, en hy het Christene gehaat. Hy het Christenmans en Christenvrouens uit hulle huise gesleep en hulle in die tronk gegooi. Hy het selfs gestaan en kyk hoe ’n woedende groep mense die dissipel Stefanus met klippe doodgooi.

Maar Saulus was nie daarmee tevrede om net Christene in Jerusalem te arresteer nie. Hy het gevra dat die hoëpriester hom na die stad Damaskus toe stuur sodat hy die Christene daar kon soek en vang. Toe Saulus naby die stad kom, het daar skielik ’n helder lig om hom geskyn, en hy het op die grond neergeval. Hy het ’n stem hoor sê: ‘Saulus, hoekom vervolg jy my?’ Saulus het gevra: ‘Wie is jy?’ Die stem het geantwoord: ‘Ek is Jesus. Gaan na Damaskus toe, en daar sal jy uitvind wat jy moet doen.’ Saulus het dadelik blind geword en iemand moes hom aan die hand na die stad toe lei.

In Damaskus was daar ’n getroue Christen met die naam Ananias. Jesus het vir hom in ’n visioen gesê: ‘Gaan na Judas se huis in die straat wat Reguit genoem word en soek daar na Saulus.’ Ananias het gesê: ‘Here, ek het al baie van hierdie man gehoor! Hy gooi u dissipels in die tronk!’ Maar Jesus het vir hom gesê: ‘Gaan na hom toe. Ek het Saulus gekies om die goeie nuus aan baie nasies te verkondig.’

Saulus is blind nadat hy ’n helder lig gesien het

Ananias het toe vir Saulus gekry en vir hom gesê: ‘Saulus, broer, Jesus het my gestuur om jou oë oop te maak.’ Saulus kon skielik weer sien. Hy het oor Jesus geleer en sy volgeling geword. Omdat Saulus nou ’n gedoopte Christen was, het hy saam met sy mede- Christene in die sinagoges begin preek. Dink net hoe geskok die Jode was toe hulle sien dat Saulus besig was om die mense oor Jesus te leer. Hulle het gesê: ‘Is dit nie dieselfde man wat Jesus se dissipels vervolg het nie?’

Saulus het drie jaar lank vir die mense in Damaskus gepreek. Die Jode het Saulus gehaat en planne gemaak om hom dood te maak. Maar die broers het hiervan uitgevind en hom gehelp om te ontsnap. Hulle het hom in ’n mandjie gesit en deur ’n opening in die stadsmuur laat afsak.

Toe Saulus in Jerusalem kom, het hy saam met die broers daar probeer werk. Maar hulle was bang vir hom. ’n Liefdevolle dissipel met die naam Barnabas het Saulus na die apostels toe gebring en hulle oortuig dat Saulus regtig verander het. Saulus het die goeie nuus ywerig saam met die gemeente in Jerusalem begin verkondig. Hy is later Paulus genoem.

“Christus Jesus het in die wêreld ingekom om sondaars te red, en ek is die ergste van hulle almal.” – 1 Timoteus 1:15

Vrae: Hoekom was die Christene bang vir Saulus? Hoekom het hy verander?

Handelinge 7:54–8:3; 9:1-28; 13:9; 21:40–22:15; Romeine 1:1; Galasiërs 1:11-18

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel