Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 92 bl. 214-bl. 215 par. 1
  • Jesus verskyn aan die vissermanne

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus verskyn aan die vissermanne
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • By die See van Galilea
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • By die See van Galilea
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • By die See van Galilea
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Wees vissers van mense
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 92 bl. 214-bl. 215 par. 1
Jesus praat met sy dissipels terwyl vis op ’n vuur braai

LES 92

Jesus verskyn aan die vissermanne

’n Ruk nadat Jesus aan die apostels verskyn het, het Petrus besluit om op die See van Galilea te gaan visvang. Tomas, Jakobus, Johannes en ’n paar ander dissipels het saam met hom gegaan. Hulle was die hele nag op die see, maar hulle het niks gevang nie.

Vroeg die volgende oggend het hulle ’n man gesien wat op die strand gestaan het. Hy het oor die water vir hulle geskree: ‘Het julle enige vis gevang?’ Hulle het vir hom gesê: “Nee!” Die man het gesê: “Gooi die net aan die regterkant van die boot uit.” Toe hulle dit doen, het die net so vol vis geword dat hulle dit nie kon intrek nie. Johannes het skielik besef dat die man Jesus is en gesê: “Dit is die Here!” Petrus het dadelik in die water gespring en strand toe geswem. Die ander dissipels het hom met die boot gevolg.

Toe hulle by die strand aankom, het hulle brood en vis oor ’n vuur sien braai. Jesus het vir hulle gesê om ook van die vis wat hulle gevang het, te braai. Toe het hy gesê: ‘Kom eet.’

Petrus gaan na Jesus toe op die strand en die ander dissipels kom met ’n boot agterna

Nadat hulle klaar geëet het, het Jesus vir Petrus gevra: ‘Is jy liewer vir my as vir visvang?’ Petrus het gesê: ‘Ja, Here, u weet ek is.’ Jesus het gesê: ‘Gee dan my lammers kos.’ Jesus het weer gevra: ‘Petrus, is jy lief vir my?’ Petrus het gesê: ‘Here, u weet ek is.’ Jesus het gesê: “Hou as herder toesig oor my skapies.” Jesus het ’n derde keer gevra. Petrus was baie hartseer. Hy het gesê: ‘Here, u weet alles. U weet dat ek vir u lief is.’ Jesus het gesê: “Voed my skapies.” Toe het hy vir Petrus gesê: “Hou aan om my te volg.”

“[Jesus] het vir hulle gesê: ‘Kom volg my, en ek sal julle vissers van mense maak.’ Hulle het dadelik hulle nette gelos en hom gevolg.” – Matteus 4:19, 20

Vrae: Watter wonderwerk het Jesus vir die vissermanne gedoen? Hoekom dink jy het Jesus drie keer vir Petrus gevra: ‘Is jy lief vir my?’

Johannes 21:1-19, 25; Handelinge 1:1-3

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel