Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 18 bl. 48-bl. 49 par. 4
  • Die brandende bos

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die brandende bos
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Bos wat brand
    My boek met Bybelverhale
  • Moses—Hoe sy lewe jou raak
    Ontwaak!—2004
  • Hoekom Moses gevlug het
    My boek met Bybelverhale
  • Leer ken Jehovah se weë
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 18 bl. 48-bl. 49 par. 4
Moses by die brandende bos

LES 18

Die brandende bos

Moses het 40 jaar lank in Midian gebly. Hy het getrou en kinders gehad. Terwyl hy eendag sy skape naby die berg Sinai opgepas het, het hy iets buitengewoons gesien. ’n Doringbos was aan die brand, maar dit het nie uitgebrand nie! Toe Moses nader gaan om te sien hoekom nie, het hy ’n stem uit die bos hoor sê: ‘Moses! Moenie nader kom nie. Trek jou sandale uit, want jy staan op heilige grond.’ Dit was Jehovah wat deur ’n engel gepraat het.

Moses was bang, en daarom het hy sy gesig toegemaak. Die stem het gesê: ‘Ek het gesien hoe die Israeliete swaarkry. Ek gaan hulle van die Egiptenare red en hulle na ’n goeie land bring. Jy is die een wat my volk uit Egipte sal lei.’ Dink jy dat dit Moses verbaas het?

Moses het gevra: ‘Wat moet ek sê as die mense vra wie my gestuur het?’ God het geantwoord: ‘Sê vir hulle dat Jehovah, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob jou gestuur het.’ Toe het Moses gesê: ‘Sê nou die mense luister nie na my nie?’ Jehovah het vir Moses bewyse gegee dat Hy hom sou help. Hy het vir Moses gesê om sy stok op die grond te gooi. Toe word die stok ’n slang! Toe Moses die slang aan die stert gryp, het dit weer ’n stok geword. Jehovah het gesê: ‘Wanneer jy hierdie teken doen, sal dit bewys dat ek jou gestuur het.’

Moses het gesê: ‘Ek kan nie goed praat nie.’ Jehovah het hom belowe: ‘Ek sal vir jou sê wat om te sê, en ek sal jou broer Aäron stuur om jou te help.’ Moses het nou geweet dat Jehovah hom sal help, en daarom het hy sy vrou en sy seuns geneem en teruggegaan Egipte toe.

“Julle [moet] nie bekommerd wees oor wat julle moet sê of hoe julle dit moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie tyd aan julle gegee word.” – Matteus 10:19

Vrae: Wat het Moses gesien terwyl hy sy skape opgepas het? Wat het Jehovah Moses gevra om te doen?

Eksodus 3:1–4:20; Handelinge 7:30-36

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel