Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 13 bl. 36-bl. 37 par. 1
  • Jakob en Esau maak vrede

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jakob en Esau maak vrede
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy het sy gesin moedig beskerm
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • ’n Tweeling wat verskil het
    My boek met Bybelverhale
  • Jakob het die erfenis gekry
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 13 bl. 36-bl. 37 par. 1
Jakob buig en Esau hardloop na hom toe

LES 13

Jakob en Esau maak vrede

Jehovah het Jakob belowe dat hy hom sou beskerm, net soos hy Abraham en Isak beskerm het. Jakob het in ’n plek met die naam Haran gaan bly. Toe het hy getrou, ’n groot gesin gehad en baie ryk geword.

Uiteindelik het Jehovah vir Jakob gesê: ‘Gaan terug na jou geboorteland toe.’ Jakob en sy gesin het toe die lang reis terug begin. Op pad soontoe het ’n paar mense na Jakob toe gekom en vir hom gesê: ‘Jou broer Esau is op pad, en daar is 400 manne saam met hom!’ Jakob was bang dat Esau hom en sy gesin wou seermaak. Hy het tot Jehovah gebid: ‘Red my asseblief van my broer.’ Die volgende dag het Jakob vir Esau baie skape, bokke, koeie, kamele en donkies as ’n geskenk gestuur.

Terwyl Jakob daardie nag alleen was, het hy ’n engel gesien. Die engel het met hom begin stoei. Hulle het tot die oggend toe gestoei. Al het Jakob seergekry, het hy geweier om moed op te gee. Die engel het gesê: ‘Laat my gaan.’ Maar Jakob het gesê: ‘Nee, nie voordat jy my seën nie.’

Uiteindelik het die engel Jakob geseën. Jakob het nou geweet dat Jehovah nie sou toelaat dat Esau hom seermaak nie.

Daardie oggend het Jakob vir Esau en sy 400 manne in die verte gesien. Jakob het vooruitgegaan en sewe keer voor sy broer neergebuig. Esau het na Jakob toe gehardloop en sy arms om hom gegooi. Die twee broers het begin huil en vrede gemaak. Hoe dink jy het Jehovah gevoel oor hoe Jakob hierdie situasie hanteer het?

Later het Esau na sy huis toe teruggegaan en Jakob na syne toe. Jakob het 12 seuns gehad. Hulle name was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Dan, Naftali, Gad, Aser, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin. Een van hierdie seuns – Josef – is deur Jehovah gebruik om Sy volk te red. Weet jy hoe? Kom ons vind uit.

“Hou aan om julle vyande lief te hê en om te bid vir die mense wat julle vervolg, sodat julle kan toon dat julle kinders is van julle Vader wat in die hemel is.” – Matteus 5:44, 45

Vrae: Hoekom het Jakob ’n seën ontvang? Hoe het hy met sy broer vrede gemaak?

Genesis 28:13-15; 31:3, 17, 18; 32:1-29; 33:1-18; 35:23-26

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel