Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 8 bl. 26-bl. 27 par. 1
  • Abraham en Sara was gehoorsaam aan God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Abraham en Sara was gehoorsaam aan God
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie was Abraham?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Abraham—’n Vriend van God
    My boek met Bybelverhale
  • Jehovah het hom “my vriend” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Abraham en Sara—Jy kan hulle geloof navolg!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 8 bl. 26-bl. 27 par. 1
Abraham en Sara pak op om Ur te verlaat

LES 8

Abraham en Sara was gehoorsaam aan God

Naby Babel was ’n stad met die naam Ur. Die mense daar het Jehovah nie aanbid nie. Hulle het eerder baie ander gode aanbid. Maar daar was ’n man in Ur wat net Jehovah aanbid het. Sy naam was Abraham.

Jehovah het vir Abraham gesê: ‘Trek weg uit jou land en van jou familie af en gaan na die land wat ek jou sal wys.’ Toe het God belowe: ‘Jy sal ’n groot nasie word en as gevolg van jou sal ek goeie dinge vir baie mense regoor die aarde doen.’

Abraham het nie geweet waarheen Jehovah hom sou stuur nie, maar hy het op Jehovah vertrou. Abraham, sy vrou Sara, sy pa Tera en sy neef Lot was gehoorsaam en het toe al hulle goed opgepak en met hulle lang reis begin.

Abraham was 75 jaar oud toe hy en sy familie uiteindelik aangekom het in die land wat Jehovah wou hê hulle moes sien. Dit is die land Kanaän genoem. Daar het God met Abraham gepraat en die volgende belofte gemaak: ‘Ek sal hierdie hele land wat jy om jou sien, aan jou kinders gee.’ Maar Abraham en Sara was oud en het nie kinders gehad nie. Hoe sou Jehovah dan hierdie belofte nakom?

Abraham en sy familie reis na die land Kanaän

“Deur geloof was Abraham gehoorsaam . . . om weg te trek na ’n plek wat hy as ’n erfenis sou ontvang. Hy het weggetrek, al het hy nie geweet waarheen hy gaan nie.” – Hebreërs 11:8

Vrae: Wat het Jehovah Abraham gevra om te doen? Wat het Jehovah Abraham belowe?

Genesis 11:29–12:9; Handelinge 7:2-4; Galasiërs 3:6; Hebreërs 11:8

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel