Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 5 bl. 18-19
  • Noag se ark

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Noag se ark
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Noag bou ’n ark
    My boek met Bybelverhale
  • Die groot Vloed – Wie het geluister? Wie het nie?
    Luister na God en lewe vir ewig
  • Hy “het met die ware God gewandel”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Hy “het met die ware God gewandel”
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 5 bl. 18-19
Noag en sy gesin bou die ark

LES 5

Noag se ark

Later was daar baie mense op die aarde. Die meeste van hulle was sleg. Selfs party van die engele in die hemel het sleg geword. Hulle het hulle woonplek in die hemel verlaat en na die aarde toe gekom. Weet jy hoekom hulle dit gedoen het? Sodat hulle menseliggame kon aanneem en met vroue kon trou.

Die engele en die vroue het saam seuns gehad. Hierdie seuns het baie sterk geword en mense begin boelie. Hulle het mense seergemaak. Jehovah kon nie toelaat dat dit aanhou gebeur nie. Daarom het hy besluit om die slegte mense in ’n vloed te vernietig.

Noag en sy gesin bou die ark en kry kos reg

Maar daar was ’n man wat anders was. Hy was lief vir Jehovah. Sy naam was Noag. Hy het ’n vrou gehad en drie seuns, Sem, Gam en Jafet, en elkeen van hulle het ’n vrou gehad. Jehovah het vir Noag gesê om ’n groot ark te bou sodat hy en sy gesin die Vloed kon oorleef. ’n Ark is ’n groot boks wat op water kan dryf. Jehovah het ook vir Noag gesê om baie diere in die ark in te bring sodat hulle ook kon oorleef.

Noag het dadelik begin om die ark te bou. Dit het Noag en sy gesin omtrent 50 jaar geneem om dit te bou. Hulle het die ark presies gebou soos Jehovah gesê het. Gedurende daardie tyd het Noag die mense oor die Vloed gewaarsku. Maar niemand het na hom geluister nie.

Uiteindelik was dit tyd om in die ark in te gaan. Kom ons vind uit wat volgende gebeur het.

“Net soos die dae van Noag was, so sal die teenwoordigheid van die Seun van die mens wees.” – Matteus 24:37

Vrae: Hoekom het Jehovah besluit om die Vloed te bring? Wat het Jehovah vir Noag gesê om te doen?

Genesis 6:1-22; Matteus 24:37-41; 2 Petrus 2:5; Judas 6

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel