Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yc les 7 bl. 16-17
  • Voel jy ooit eensaam en bang?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voel jy ooit eensaam en bang?
  • Leer jou kinders
  • Soortgelyke materiaal
  • Voel jy ooit eensaam en bang?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Hy het vertroosting in sy God gevind
    Volg hulle geloof na
  • Hy het vertroosting in sy God gevind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Sal jy getrou wees soos Elia?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Leer jou kinders
yc les 7 bl. 16-17
’n Seuntjie voel eensaam en bang

LES 7

Voel jy ooit eensaam en bang?

Kyk na die seuntjie in die prent. Lyk hy nie eensaam en bang nie? Het jy al ooit so gevoel?— Almal voel partykeer so. Die Bybel praat van vriende van Jehovah wat ook eensaam en bang gevoel het. Een van hulle was Elia. Kom ons leer van hom.

Koningin Isebel is kwaad en skreeu

Isebel wou Elia doodmaak

Elia het lank gelede, voordat Jesus gebore is, in Israel gebly. Agab, die koning van Israel, het nie die ware God, Jehovah, aanbid nie. Agab en sy vrou, Isebel, het die valse god Baäl aanbid. Daarom het die meeste mense in Israel Baäl ook begin aanbid. Koningin Isebel was baie sleg en wou Elia en al die ander mense wat Jehovah aanbid, doodmaak! Weet jy wat Elia gedoen het?—

Elia het weggehardloop! Hy het diep in die woestyn ingegaan en in ’n grot gaan wegkruip. Hoekom dink jy het hy dit gedoen?— Ja, hy was bang. Maar dit was nie vir Elia nodig om bang te wees nie. Hoekom nie? Omdat hy geweet het dat Jehovah hom kan help. Jehovah het vroeër vir Elia gewys hoe sterk hy is. Eenkeer het Jehovah Elia se gebed verhoor deur vuur uit die hemel te stuur. En Jehovah kon Elia beslis nou ook help!

Jehovah verhoor Elia se gebed deur vuur uit die hemel te stuur; Elia is in ’n grot; Elia is bly nadat hy Jehovah se bemoedigende woorde gehoor het

Hoe het Jehovah Elia gehelp?

Terwyl Elia in die grot was, het Jehovah met hom gepraat en hom gevra: ‘Hoekom is jy hier?’ Elia het geantwoord: ‘Ek is die enigste een wat u nog aanbid. Ek is heeltemal alleen, en ek is bang dat ek doodgemaak sal word.’ Elia het gedink dat al die ander mense wat Jehovah aanbid, doodgemaak is. Maar Jehovah het vir Elia gesê: ‘Nee, dit is nie waar nie. Daar is 7 000 ander mense wat my nog aanbid. Wees dapper. Ek het nog werk vir jou om te doen!’ Dink jy Elia was bly om dit te hoor?—

Wat kan jy leer uit wat met Elia gebeur het?— Jy hoef nooit eensaam en bang te voel nie. Jy het vriende wat vir Jehovah en vir jou lief is. En Jehovah is baie sterk, en hy sal jou altyd help! Is jy bly om te weet dat jy nooit regtig alleen is nie?—

LEES IN JOU BYBEL

  • 1 Konings 19:3-18

  • Psalm 145:18

  • 1 Petrus 5:9

VRAE:

  • Het die meeste mense in Israel Jehovah aanbid toe Elia gelewe het? Watter god het hulle aanbid?

  • Hoekom het Elia weggehardloop en in ’n grot gaan wegkruip?

  • Wat het Jehovah vir Elia gesê?

  • Wat kan ons leer uit wat met Elia gebeur het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel