’n Woordjie aan ouers
Wat is die beste geskenk wat julle julle kinders kan gee? Hulle het baie dinge nodig, insluitende julle liefde, leiding en beskerming. Maar verreweg die kosbaarste gawe wat julle hulle kan gee, is kennis van Jehovah en van die waarhede wat in sy Woord, die Bybel, gevind word (Johannes 17:3). Hierdie kennis kan julle kinders help om Jehovah te leer liefkry en hom heelhartig te dien, selfs van kleins af.—Matteus 21:16.
Baie ouers het gevind dat jong kinders die beste reageer op kort lesse en aktiwiteite. Ons is dus verheug om hierdie publikasie, My Bybellesse, beskikbaar te stel. Elke les is saamgestel om kinders op ’n eenvoudige manier te leer. Die kunswerk en bygaande teks is spesiaal vir kinders van drie jaar en jonger voorberei. Daar is ook voorstelle vir aktiwiteite. My Bybellesse is nie bedoel om ’n speelding vir kinders te wees nie. Julle moet eerder saam met julle kinders daaruit lees en sodoende kommunikasie bevorder.
Ons is seker dat hierdie publikasie julle sal help om julle kinders Bybelwaarheid “van kleintyd af” te leer.—2 Timoteus 3:14, 15.
Julle broers
Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies
[Prent op bladsy 3]