Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yp1 bl. 97
  • Rolmodel—Job

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rolmodel—Job
  • Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Soortgelyke materiaal
  • Bybelboek nommer 18—Job
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Job het volhard—Ons kan ook!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • “Julle het gehoor van die volharding van Job”
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • “Hoop op Jehovah”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
yp1 bl. 97

Rolmodel—Job

Job se wêreld word heeltemal onderstebo gekeer. Eerstens verloor hy alles waaruit hy ’n bestaan gemaak het. Tweedens sterf sy kinders. Derdens word hy baie siek. Dit alles gebeur vinnig en sonder waarskuwing. Job is heeltemal moedeloos en sê: “My siel het beslis ’n weersin in my lewe.” Hy sê dat hy “oorversadig van oneer en deurdrenk van ellende” is (Job 10:1, 15). Maar ten spyte van al hierdie teëspoed weier Job om sy rug op sy Skepper te draai (Job 2:10). Die veranderinge in sy lewe verander hom nie. Daarom is Job ’n voorbeeld van volharding.

Wanneer jy probleme ondervind, voel jy dalk ook dat jy ‘’n weersin in jou lewe het’, oftewel jou lewe haat. Nogtans kan jy, soos Job, wys dat veranderinge jou nie verander nie, dat jy vasbeslote is om Jehovah God te dien. Jakobus het geskryf: “Kyk! Ons noem dié wat volhard het gelukkig. Julle het gehoor van die volharding van Job en het gesien hoe Jehovah dit laat afloop het, dat Jehovah baie teer in geneentheid en barmhartig is” (Jakobus 5:11). Hy was besorg oor Job en hy is besorg oor jou!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel