Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 19 bl. 22
  • Jesus uiter ’n verreikende profesie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus uiter ’n verreikende profesie
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • Die apostels vra vir ’n teken
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die teken van die laaste dae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Hoe ons weet dat Armageddon naby is
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Oor “die einde”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 19 bl. 22
Jesus praat met ’n paar van sy apostels op die Olyfberg

DEEL 19

Jesus uiter ’n verreikende profesie

Jesus meld gebeure en toestande wat sy teenwoordigheid in koninklike mag en die voleinding van hierdie stelsel van dinge sal aandui

OP DIE Olyfberg, met ’n pragtige uitsig oor Jerusalem en die tempel, het vier van Jesus se apostels alleen na hom toe gekom en hom uitgevra oor sommige van sy kommentare. Jesus het pas gesê dat die tempel in Jerusalem vernietig gaan word. En by ’n vroeëre geleentheid het hy vir hulle van “die voleinding van die stelsel van dinge” vertel (Matteus 13:40, 49). Nou het die apostels gevra: “Wat sal die teken van u teenwoordigheid en van die voleinding van die stelsel van dinge wees?”—Matteus 24:3.

In sy antwoord het Jesus vertel wat voor Jerusalem se vernietiging sou plaasvind. Maar sy woorde het meer as dit ingesluit. Sy profesie sou later wêreldwyd ’n grotere vervulling hê. Jesus het ’n kombinasie van gebeure en wêreldtoestande voorspel wat ’n teken sou uitmaak. Hierdie teken sou vir diegene op die aarde toon dat Jesus se teenwoordigheid as Koning in die hemel begin het. Met ander woorde, die teken sou aandui dat Jehovah God Jesus die Koning van die langbeloofde Messiaanse Koninkryk gemaak het. Die teken sou toon dat die Koninkryk op die punt staan om goddeloosheid te verwyder en ware vrede vir die mensdom te bring. Die dinge wat Jesus voorspel het, sou dus aandui dat die laaste dae van die ou stelsel van dinge—die godsdiens-, politieke en maatskaplike stelsels wat tans bestaan—aangebreek het en dat ’n nuwe stelsel op hande is.

In ’n verduideliking van wat op die aarde sou plaasvind gedurende sy teenwoordigheid as Koning in die hemel, het Jesus gesê dat daar internasionale oorloë, voedseltekorte, groot aardbewings en wydverspreide siektes sou wees. Wetteloosheid sou toeneem. Jesus se ware dissipels sou die goeie nuus van God se Koninkryk in die hele aarde verkondig. Al hierdie dinge sal uitloop op “groot verdrukking” soos daar nog nooit tevore plaasgevind het nie.—Matteus 24:21.

Hoe sou Jesus se volgelinge weet wanneer hierdie verdrukking naby is? “Leer . . . van die vyeboom”, het Jesus gesê (Matteus 24:32). Wanneer vyeblare aan die takke verskyn, is dit ’n duidelike teken dat die somer naby is. Wanneer al die dinge wat Jesus voorspel het, in een tydperk plaasvind, sou dit eweneens ’n herkenbare teken wees dat die einde naby is. Niemand behalwe die Vader sou weet op watter spesifieke dag en uur die groot verdrukking sal begin nie. Daarom het Jesus sy dissipels aangespoor: “Bly wakker, want julle weet nie wanneer dit die vasgestelde tyd is nie.”—Markus 13:33.

—Gebaseer op Matteus hoofstukke 24 en 25; Markus hoofstuk 13; Lukas hoofstuk 21.

  • Waarvan wou Jesus se apostels meer weet?

  • Wat is die betekenis van die teken wat Jesus gegee het, en wat sou aspekte van hierdie teken wees?

  • Watter raad het Jesus sy dissipels gegee?

DIE TEKEN VAN CHRISTUS SE TEENWOORDIGHEID

Jesus het voorspel dat daar ’n teken sou wees wat sou aandui dat die tyd naby is vir God om die teenswoordige verdorwe stelsel van dinge te vernietig. Sedert die Eerste Wêreldoorlog sien die mensdom die dinge wat Jesus voorspel het. Godsdiens-, politieke en maatskaplike verwikkelinge regoor die wêreld toon dat die einde van hierdie stelsel van dinge vinnig en onvermydelik nader kom. Jesus het sy volgelinge geleer dat hulle, as hulle dit wil oorleef, moet ‘wakker bly’ en daadwerklik moet optree om hulle aan God se kant van die soewereiniteitsgeskil te skaar.a—Lukas 21:36; Matteus 24:3-14.

a Vir ’n verdere bespreking van Jesus se profesie, sien bladsye 86-95 van die boek Wat leer die Bybel werklik? uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel