Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 14 bl. 17
  • God spreek deur sy profete

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God spreek deur sy profete
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • Profete wie se boodskappe ons kan raak
    Lewe met Jehovah se dag in gedagte
  • ’n Profeet in ballingskap kry vooruitskouings op die toekoms
    Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Die Messias verskyn
    Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Bewys Messiaanse profesieë dat Jesus die Messias was?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 14 bl. 17
’n Profeet van God dra ’n boodskap oor

DEEL 14

God spreek deur sy profete

Profete word deur Jehovah aangestel om boodskappe oor te dra aangaande oordeel, rein aanbidding en die Messiaanse hoop

GEDURENDE die tydperk van die konings van Israel en Juda was daar ’n spesiale groep manne—die profete. Hulle was manne met buitengewone geloof en moed wat God se uitsprake bekend gemaak het. Kyk na vier belangrike temas wat deur God se profete ontwikkel is.

1. Die vernietiging van Jerusalem. God se profete—Jesaja en Jeremia in die besonder—het lank voor die tyd begin waarsku dat Jerusalem vernietig en verlate agtergelaat sou word. Hulle het op treffende wyse beskryf waarom die stad hom God se toorn op die hals gehaal het. Die stad se bewering dat dit Jehovah verteenwoordig, is weerspreek deur valse godsdiensgebruike, verdorwenheid en geweld.—2 Konings 21:10-15; Jesaja 3:1-8, 16-26; Jeremia 2:1–3:13.

2. Die herstel van rein aanbidding. Ná 70 jaar in ballingskap sou God se volk uit Babilon bevry word. Hulle sou na hulle verlate vaderland terugkeer en Jehovah se tempel in Jerusalem herbou (Jeremia 46:27; Amos 9:13-15). Jesaja het ongeveer 200 jaar vooruit die naam voorspel van die veroweraar—Kores—wat Babilon sou oorwin en God se volk sou toelaat om rein aanbidding te herstel. Jesaja het selfs Kores se unieke oorlogstrategie breedvoerig beskryf.—Jesaja 44:24–45:3.

Die Joodse ballinge verlaat Babilon en keer terug na Jerusalem

3. Die Messias se koms en sy ondervindinge. Die Messias sou in die dorp Betlehem gebore word (Miga 5:2). Hy sou nederig wees en sou op ’n esel in Jerusalem inry (Sagaria 9:9). Hoewel hy saggeaard en goedhartig sou wees, sou hy ongewild wees, en baie sou hom verwerp (Jesaja 42:1-3; 53:1, 3). Hy sou ’n wrede dood sterf. Sou dit vir altyd die einde van sy lewe wees? Nee, want sy offerande sou die vergifnis van sondes vir baie moontlik maak (Jesaja 53:4, 5, 9-12). Dit kon slegs deur sy opstanding bewerkstellig word.

4. Die heerskappy van die Messias oor die aarde. Onvolmaakte mense is glad nie in staat om in vrede oor hulleself te regeer nie, maar die Messiaanse Koning sou die Vredevors genoem word (Jesaja 9:6, 7; Jeremia 10:23). Onder sy heerskappy sal alle mense in vrede met mekaar en selfs met die hele diereryk lewe (Jesaja 11:3-7). Siekte sal verdwyn (Jesaja 33:24). Selfs die dood sal vir ewig verswelg word (Jesaja 25:8). Gedurende die Messias se heerskappy sal mense wat gesterf het, tot lewe op die aarde opgewek word.—Daniël 12:13.

—Gebaseer op die boeke Jesaja, Jeremia, Daniël, Amos, Miga, en Sagaria.

  • Watter soort boodskappe het God se profete oorgedra?

  • Hoe het die profete die vernietiging van Jerusalem en die herstel daarvan voorspel?

  • Wat het Jehovah se profete gesê oor die Messias en die dinge wat hy sou ondervind?

  • Hoe het die profete die Messias se heerskappy oor die aarde beskryf?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel