Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 12 bl. 15
  • Goddelike wysheid vir die lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goddelike wysheid vir die lewe
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • Bybelboek nommer 20—Spreuke
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Betroubare leiding vir vandag se jongmense
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Spreuke 3:5, 6 – “Steun nie op jou eie insig nie”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Verkry wysheid en aanvaar dissipline
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 12 bl. 15
Mense in Bybeltye oes graan

DEEL 12

Goddelike wysheid vir die lewe

Die boek Spreuke is ’n versameling van geïnspireerde raad—hoofsaaklik deur Salomo—wat leiding vir die daaglikse lewe voorsien

IS Jehovah ’n wyse Heerser? Een manier om ’n beslissende antwoord op hierdie vraag te kry, is deur te kyk na die raad wat hy gee. Werk dit? Maak die toepassing daarvan die lewe beter en sinvoller? Die wyse koning Salomo het honderde spreuke geskryf. Dit dek feitlik elke aspek van die lewe. Kyk na ’n paar voorbeelde.

Vertrou op God. Vertroue is noodsaaklik om ’n goeie verhouding met Jehovah te hê. Salomo het geskryf: “Vertrou op Jehovah met jou hele hart en moenie op jou eie begrip steun nie. Slaan ag op hom in al jou weë, en hy sal jou paaie reguit maak” (Spreuke 3:5, 6). As ’n mens vertroue in God toon deur sy leiding te soek en hom te gehoorsaam, maak dit die lewe waarlik sinvol. So ’n weg stel ’n mens in staat om God se hart bly te maak en gee Jehovah ’n antwoord op die geskille wat Sy teenstander, Satan, geopper het.—Spreuke 27:11.

Handel wyslik met ander. God se raad aan mans, vrouens en kinders is vandag tydiger as ooit tevore. “Verheug jou met die vrou van jou jeug”, is God se raad aan die man, wat beteken dat hy aan sy vrou getrou moet bly (Spreuke 5:18-20). Getroude vrouens vind in die boek Spreuke ’n pragtige beskrywing van ’n bekwame vrou wat die bewondering van haar man en kinders afdwing (Spreuke, hoofstuk 31). En kinders word aangesê om hulle ouers te gehoorsaam (Spreuke 6:20). Hierdie boek toon ook dat vriendskappe noodsaaklik is, aangesien afsondering tot selfsug aanleiding gee (Spreuke 18:1). Vriende kan ons ten goede of ten kwade beïnvloed, en daarom moet ons hulle wyslik kies.—Spreuke 13:20; 17:17.

Handel wyslik met jouself. Die boek Spreuke bevat kosbare raad om drankmisbruik te vermy, om gesonde emosies aan te kweek en verwoestende emosies teë te werk en om ’n vlytige werker te wees (Spreuke 6:6; 14:30; 20:1). Dit waarsku dat vertroue in menslike menings wat met God se raad bots, tot rampspoed lei (Spreuke 14:12). Dit spoor ons aan om die innerlike mens, die hart, teen verderflike invloede te beskerm en herinner ons daaraan dat ‘die oorspronge van die lewe uit die hart is’.—Spreuke 4:23.

Miljoene mense regoor die wêreld het gevind dat die toepassing van hierdie raad hulle lewe verbeter. Gevolglik het hulle oorgenoeg rede om Jehovah as hulle Heerser te aanvaar.

—Gebaseer op die boek Spreuke.

  • Wat kan ons uit ’n studie van die boek Spreuke leer?

  • Hoe help Spreuke ons om op God te vertrou en wyslik met ander en onsself te handel?

PREDIKER

Waar kan bevrediging en sin in die lewe gevind word? Salomo was in ’n unieke posisie om die antwoord te soek. Met ontsaglike rykdom, wysheid en gesag kon hy ondersoek of hierdie dinge hom ware voldoening verskaf. Hy het die genot van materiële dinge nagejaag, met talle pragtige vroue getrou en die beste ontspanning geniet. Hy het groot bouprojekte onderneem. Hy het die wysheid van geleerde geskrifte ondersoek. Wat het hy gevind? “Alles is nietigheid.” Hy het egter tot hierdie diepe besef gekom: “Die slot van die saak, nadat alles gehoor is, is: Vrees die ware God en onderhou sy gebooie. Want dit is die hele verpligting van die mens.”—Prediker 12:8, 13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel