Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 7 bl. 10
  • God verlos die kinders van Israel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God verlos die kinders van Israel
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • “Gaan na Farao toe”
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • Leer ken Jehovah se weë
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Bybelboek nommer 2—Exodus
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Moses het gekies om Jehovah te aanbid
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 7 bl. 10
Moses met die twee kliptafels wat die Tien Gebooie bevat

DEEL 7

God verlos die kinders van Israel

Jehovah bring plae oor Egipte, en Moses lei die kinders van Israel uit daardie land uit. God gee Israel die Wet deur middel van Moses

DIE kinders van Israel het jare lank in Egipte gewoon; hulle was voorspoedig en het vermenigvuldig. Maar ’n nuwe Farao het aan bewind gekom. Hierdie heerser het Josef nie geken nie. Hy was ’n wrede tiran wat bang was omdat die Israeliete baie geword het, en daarom het hy slawe van hulle gemaak en beveel dat al hulle pasgebore seuntjies in die Nylrivier verdrink word. Maar ’n dapper moeder het haar babaseuntjie beskerm deur hom in ’n mandjie tussen die riete weg te steek. Farao se dogter het die baba gevind, hom Moses genoem en hom in die Egiptiese koningshuis grootgemaak.

Toe Moses 40 jaar oud was, het hy in die moeilikheid beland omdat hy ’n Israelitiese slaaf teen ’n Egiptiese taakgewer verdedig het. Moses het na ’n verre land gevlug, waar hy as ’n banneling gelewe het. Toe Moses 80 was, het Jehovah hom teruggestuur na Egipte om voor Farao te verskyn en te eis dat God se volk vrygelaat word.

Farao het volstrek geweier. God het dus tien plae oor Egipte gebring. Elke keer dat Moses voor Farao verskyn het om hom die geleentheid te gee om die volgende plaag te voorkom, was Farao uitdagend en het hy minagting vir Moses en sy God, Jehovah, getoon. Uiteindelik het die tiende plaag die dood veroorsaak van al die eersgeborenes in die land—behalwe in gesinne wat Jehovah gehoorsaam het deur die bloed van ’n geofferde lam aan hulle deurposte te smeer. God se engel van vernietiging het hierdie huisgesinne oorgeslaan. Daarna het die Israeliete hierdie wonderlike redding herdenk deur middel van ’n jaarlikse viering wat die Pasga genoem is.

Aangesien ook Farao se eersgebore seun gesterf het, het hy Moses en al die Israeliete beveel om Egipte te verlaat. Hulle het onmiddellik ’n massa-uittog georganiseer. Farao het egter van plan verander. Hy het hulle met baie krygsmanne en strydwaens agternagesit. Die Israeliete was skynbaar vasgekeer by die oewer van die Rooi See. Jehovah het die Rooi See verdeel, wat die Israeliete in staat gestel het om op ’n droë seebedding deur te trek, met watermure aan weerskante! Toe die Egiptenaars agter hulle aan storm, het God die waters laat neerstort en Farao en sy leër laat verdrink.

Later, terwyl die Israeliete se kamp by die berg Sinai was, het Jehovah ’n verbond met hulle gesluit. God het Moses as middelaar gebruik en vir Israel wette gegee om leiding en beskerming in feitlik elke aspek van die lewe te voorsien. Solank Israel God se heerskappy getrou aanvaar het, sou Jehovah met hulle wees en dié nasie ’n seën vir ander maak.

Die meeste Israeliete het egter ’n teleurstellende gebrek aan geloof in God getoon. Gevolglik het Jehovah daardie geslag 40 jaar lank in die wildernis laat rondswerf. Toe het Moses die regskape man Josua as sy opvolger aangestel. Uiteindelik het Israel op die punt gestaan om die land binne te gaan wat God aan Abraham belowe het.

—Gebaseer op Eksodus; Levitikus; Numeri; Deuteronomium; Psalm 136:10-15; Handelinge 7:17-36.

  • Hoe het dit gekom dat Moses deur God gebruik is om Israel te verlos?

  • Wat was die grondslag vir die Pasgaviering?

  • Hoe het Jehovah die Israeliete uit slawerny in Egipte bevry?

DIE GROOTSTE WET

Die Tien Gebooie, wat in Eksodus 20:1-17 opgeteken is, is moontlik die bekendste van die ongeveer 600 wette wat deur middel van Moses gegee is. Maar toe Jesus Christus gevra is watter wet van God die heel grootste is, het hy hierdie een uitgesonder: “Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.”—Markus 12:28-30; Deuteronomium 6:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel