Lied 62
Aan wie wil ons behoort?
1. Aan wie wil jy behoort?
Wie dien jy as god en heer?
Jou heer en jou meester is net hy
aan wie jy altyd trou sal bly.
Geen mens kan tegelyk
twee gode gehoorsaam wees.
Al sou jy probeer, sal jy gou-gou leer:
nie een dien jy dan opreg.
2. Aan wie wil jy behoort?
Wie dien jy as god en heer?
Want een god is goed, die ander sleg;
dis jou besluit, maar kies net reg.
Die konings van ons tyd—
jaag jy hulle guns nog na?
Of sal jy die Heer Jehovah vereer
en altyd doen wat hy vra?
3. Aan wie wil ek behoort?
My Heer is Jehovah God.
My hemelse Vader dien ek trou,
en my geloftes sal ek hou.
Hy het my duur gekoop;
aan hom bly ek toegewy.
Sy Seun het gesterf dat ek lewe erf;
in hom sal ek my verbly.
(Sien ook Jos. 24:15; Ps. 116:14, 18; 2 Tim. 2:19.)