Deel 5
Geldsake
Hoe belangrik is geld vir jou geluk?
□ Onbelangrik
□ Nogal belangrik
□ Noodsaaklik
Hoe dikwels praat jy oor geld of wat dit kan koop?
□ Selde
□ Soms
□ Baie keer
Soos jou ouers moontlik al oor en oor vir jou gesê het, groei geld nie op ’n mens se rug nie. Hulle is reg. Daarom is dit belangrik dat jy geld verantwoordelik moet gebruik. Hoewel geld noodsaaklik is, kan dit spanning veroorsaak, vriendskappe beskadig en jou verhouding met God vernietig. Jou gesindheid teenoor geld kan beslis ’n groot uitwerking op jou hê. In Hoofstukke 18-20 sal jy sien hoe jy ’n gebalanseerde beskouing daarvan kan behou.
[Volbladillustrasie op bladsy 148, 149]