DEEL 4
Verwag Jehovah se dag met vreugde
Jehovah het sy profete gebruik om waarskuwings te gee oor wat voorlê—die uitstorting van sy toorn. Maar ons moenie aan hom dink as ’n toornige God nie. Hy is ‘met vreugdevolle uitroepe bly oor’ sy volk. Terwyl ons in afwagting bly van sy groot dag, het ons alle rede om ons ‘te verbly en van ganser harte te verheug’ (Sefanja 3:14, 17). Hoe kan jy dít in jou dade en gesindheid openbaar? En waarom kan jy dankbaar wees vir wat jy uit die 12 profetiese boeke leer?