Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • kp bl. 3-5
  • Waarop stuur hierdie wêreld af?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarop stuur hierdie wêreld af?
  • Hou aan waak!
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer sal die voorspelde wêreldvernietiging kom?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Die grootste plaag in die geskiedenis
    Ontwaak!—2005
  • Kan die mens blywende vrede en veiligheid bring?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Is die wêreld se einde naby?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Sien nog
Hou aan waak!
kp bl. 3-5

Waarop stuur hierdie wêreld af?

Ernstige probleme en skokkende gebeure het wêreldwyd iets alledaags in die nuus geword! Wat beteken dit?

PERSOONLIKE VEILIGHEID: Bomme ontplof op markte. Onderwysers en leerlinge by skole geskiet. Babas ontvoer as ouers hulle rug draai. Vroue en bejaarde mans helder oordag op straat beroof.

DIE GODSDIENSTONEEL: Kerke steun faksies in oorlog. Geestelikes van volksmoord beskuldig. Priesters misbruik jongmense seksueel; kerk smeer dit toe. Afname in bywoning; kerkgeboue word verkoop.

DIE OMGEWING: Woude gestroop vir kommersiële projekte. Armes vernietig boswêreld om brandhout te kry. Grondwater besoedel, onveilig om te drink. Nywerheidsafval en party moderne visvangmetodes roei visbevolkings uit. Lug vol besoedeling.

EKONOMIESE PROBLEME: Per capita-inkomste in Afrika suid van die Sahara na berig sowat R3 500 per jaar. Korporatiewe hebsug lei tot ineenstorting van ondernemings, duisende sit sonder werk. Bedrog kos beleggers al hulle spaargeld.

VOEDSELTEKORTE: Wêreldwyd gaan sowat 800 000 000 mense gereeld honger slaap.

OORLOG: Meer as 100 000 000 mense het gedurende die 20ste eeu hulle lewe verloor as gevolg van oorlog. Genoeg kernwapens bestaan om die hele mensdom talle kere te vernietig. Burgeroorloë. Terrorisme word wêreldwyd ’n bedreiging.

PESSIEKTES EN ANDER KWALE: Vanaf 1918 het die Spaanse griep 21 000 000 mense gedood. Vigs het nou “die vernietigendste pandemie in die mensegeskiedenis” geword. Kanker en hartsiekte veroorsaak wêreldwyd smart.

Kyk verby die individuele nuusberigte. Is dit alleenstaande verskynsels? Of is dit deel van ’n wêreldwye patroon wat groot betekenis het?

[Venster/Prent op bladsy 5]

Gee God werklik om?

Baie mense is ontsteld oor skokkende gebeure of ernstige persoonlike verliese en wonder waarom God nie ingryp om te keer dat sulke dinge gebeur nie.

God gee wel om. Hy voorsien nou betroubare leiding en ware verligting (Matteus 11:28-30; 2 Timoteus 3:16, 17). Hy het die grondslag gelê vir die permanente beëindiging van geweld, siekte en die dood. Sy voorsienings toon dat hy nie net vir mense van een nasie omgee nie, maar vir mense van alle nasies, stamme en tale.—Handelinge 10:34, 35.

Hoeveel gee ons om? Weet jy wie die Skepper van die hemel en die aarde is? Wat is sy naam? Wat is sy voorneme? Hy beantwoord hierdie vrae in die Bybel. Daarin vertel hy vir ons watter stappe hy doen om ’n einde te maak aan geweld sowel as siekte en die dood. Wat word van ons vereis om daarby baat te vind? Ons moet van hom en van sy voorneme leer. Hoe kan ons verwag om by sy voorsienings baat te vind tensy ons geloof in hom openbaar? (Johannes 3:16; Hebreërs 11:6). Ons moet ook gehoorsaam wees aan sy vereistes (1 Johannes 5:3). Gee jy genoeg om om dit te doen?

Om te begryp waarom God die teenswoordige toestande toelaat, moet ons ’n lewensbelangrike geskil verstaan. Die Bybel verduidelik wat dit is. Op bladsy 15 van hierdie publikasie word hierdie geskil geïdentifiseer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel