DEEL 1
“Ontsaglike Krag”
In hierdie deel sal ons na Bybelverslae kyk wat getuig van Jehovah se krag om te skep, te vernietig, te beskerm en te herstel. As ons verstaan hoe Jehovah God, wat “ontsaglike krag” het, “die oorvloed van sy dinamiese energie” gebruik, sal dit ons harte met moed en hoop vervul. – Jesaja 40:26.