Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rq les 9 bl. 18-19
  • God se knegte moet rein wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se knegte moet rein wees
  • Wat vereis God van ons?
  • Soortgelyke materiaal
  • God is lief vir rein mense
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Jehovah se volk moet skoon en rein wees
    Hoe om in God se liefde te bly
  • “Hou julle rein”!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Hoe kan ons skoon en rein wees in God se oë?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Wat vereis God van ons?
rq les 9 bl. 18-19

Les 9

God se knegte moet rein wees

Waarom moet ons in alle opsigte rein wees? (1)

Wat beteken dit om geestelik rein te wees? (2)

sedelik rein te wees? (3) verstandelik rein te wees? (4) fisies rein te wees? (5)

Watter soort onrein spraak moet ons vermy? (6)

1. Jehovah God is rein en heilig. Hy verwag van sy aanbidders om rein te bly—geestelik, sedelik, verstandelik en fisies (1 Petrus 1:16). Dit verg ware inspanning om in God se oë rein te bly. Ons lewe in ’n onrein wêreld. Ons het ook ’n stryd teen ons eie neigings om verkeerd te doen. Maar ons moenie moed opgee nie.

2. Geestelike reinheid: As ons Jehovah wil dien, kan ons nie aan enige van die leringe of gebruike van valse godsdiens vashou nie. Ons moet uit valse godsdiens uitgaan en dit nie op enige manier ondersteun nie (2 Korintiërs 6:14-18; Openbaring 18:4). As ons eers die waarheid omtrent God geleer het, moet ons versigtig wees om nie deur mense mislei te word wat onwaarhede aan ander leer nie.—2 Johannes 10, 11.

3. Sedelike reinheid: Jehovah wil hê dat sy aanbidders te alle tye as ware Christene moet optree (1 Petrus 2:12). Hy sien alles wat ons doen, selfs wat ons in die geheim doen (Hebreërs 4:13). Ons moet geslagsonsedelikheid en ander onrein gebruike van hierdie wêreld vermy.—1 Korintiërs 6:9-11.

4. Verstandelike reinheid: As ons ons verstand met rein, suiwer gedagtes vul, sal ons gedrag ook rein wees (Filippense 4:8). Maar as ons aan onrein dinge bly dink, sal dit goddelose dade tot gevolg hê (Matteus 15:18-20). Ons moet vorme van vermaak vermy wat ons verstand kan besoedel. Ons kan ons verstand met rein gedagtes vul deur God se Woord te bestudeer.

5. Fisiese reinheid: Omdat Christene God verteenwoordig, moet hulle hulle liggaam en klere skoon hou. Ons moet ons hande was nadat ons die toilet gebruik het, en ons moet hulle was voordat ons eet of met kos werk. As jy nie ’n behoorlike stelsel het om van rioolafval ontslae te raak nie, moet dit begrawe word (Deuteronomium 23:12, 13). As ’n mens fisies skoon bly, dra dit tot goeie gesondheid by. ’n Christen se huis moet binne en buite netjies en skoon wees. Dit moet in die gemeenskap as ’n goeie voorbeeld uitstaan.

6. Rein spraak: God se knegte moet altyd die waarheid praat. Leuenaars sal nie in God se Koninkryk ingaan nie (Efesiërs 4:25; Openbaring 21:8). Christene vloek nie. Hulle luister nie na vuil grappe of stories nie en vertel dit ook nie. Weens hulle rein spraak is hulle by die werk of by die skool en in die buurt opvallend anders.—Efesiërs 4:29, 31; 5:3.

[Prente op bladsy 18, 19]

God se knegte moet in alle opsigte rein wees

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel