Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • sp bl. 11-12
  • Die demone is moordenaars!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die demone is moordenaars!
  • Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus se mag oor die demone
    Leer by die Groot Onderwyser
  • Werktuie van die bose
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die waarheid oor die engele
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Bestaan daar werklik demone?
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
sp bl. 11-12

Die demone is moordenaars!

Satan en die demone was nog altyd wreed en gevaarlik. Lank gelede het Satan die vee en knegte van getroue Job doodgemaak. Toe het hy Job se tien kinders doodgemaak deur te veroorsaak dat “’n groot wind” die huis waarin hulle was, vernietig. Daarna het Satan Job met “bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel”.—Job 1:7-19; 2:7.

In Jesus se dag het die demone party mense stom en blind gemaak (Mattheüs 9:32, 33; 12:22). Hulle het een man gepynig en gemaak dat hy homself met klippe stukkend slaan (Markus 5:5). Hulle het ’n seun ook laat skreeu, hom op die grond neergegooi en hom “hewige stuiptrekkings” laat kry.—Lukas 9:42, NAV.

Satan en die demone maak Job siek met kwaadaardige swere, en laat ’n persoon stuiptrekkings kry

In die verlede het die demone party mense siek gemaak en ander stuiptrekkings laat kry

Vandag is Satan en die demone net so moorddadig soos altyd. Trouens, hulle bose bedrywighede het toegeneem vandat hulle uit die hemel gewerp is. Verslae van oor die hele wêreld getuig van hulle wreedheid. Hulle teister party mense met siekte. Hulle val ander in die nag lastig deur hulle van slaap te beroof of hulle verskriklike drome te laat droom. Sommige word seksueel deur hulle misbruik. En ander word deur hulle tot kranksinnigheid, moord of selfmoord gedryf.

Die demone veroorsaak dat ’n man gewelddadig word en teister ’n man snags met nagmerries

Die demone veroorsaak vandag dat party mense gewelddadig is; hulle val ander in die nag lastig deur hulle verskriklike drome te laat droom

Lintina, wat in Suriname woon, vertel dat ’n demon, of slegte gees, 16 lede van haar familie doodgemaak het en haar 18 jaar lank na liggaam en siel gepynig het. Uit persoonlike ondervinding sê sy dat die demone “dit geniet om hulle onwillige slagoffers te martel totdat hulle sterf”.

Maar Jehovah kan sy knegte teen Satan se aanvalle beskerm.—Spreuke 18:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel