Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 70
  • Jona en die groot vis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jona en die groot vis
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah was geduldig met Jona
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Hy het uit sy foute geleer
    Volg hulle geloof na
  • Hy het uit sy foute geleer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jona leer aangaande Jehovah se barmhartigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 70
Jona gaan deur ’n groot vis ingesluk word

VERHAAL 70

Jona en die groot vis

KYK na die man in die water. Hy is in groot moeilikheid, nè? Daardie vis gaan hom insluk! Weet jy wie hierdie man is? Sy naam is Jona. Kom ons kyk hoe hy in soveel moeilikheid gekom het.

Jona is ’n profeet van Jehovah. Kort ná die profeet Eliʹsa se dood sê Jehovah vir Jona: ‘Gaan na die groot stad Niʹneve toe. Die mense daar is baie sleg, en ek wil hê jy moet met hulle daaroor praat.’

Maar Jona wil nie gaan nie. Daarom klim hy op ’n skip wat in die teenoorgestelde rigting as Niʹneve gaan. Jehovah is ontevrede met Jona omdat hy weghardloop. Daarom veroorsaak Hy ’n groot storm. Dit is so erg dat die skip byna sink. Die matrose is baie bang en hulle roep hulle gode aan om hulle te help.

Matrose kyk oor die kant van die skip nadat Jona in die see gegooi is

Uiteindelik sê Jona vir hulle: ‘Ek aanbid Jehovah, die God wat die hemel en die aarde gemaak het. En ek vlug weg van iets wat Jehovah gesê het ek moet doen.’ Daarom vra die matrose: ‘Wat moet ons met jou doen om die storm te laat ophou?’

‘Gooi my in die see, en die see sal weer kalm word’, sê Jona. Die matrose wil dit nie doen nie, maar wanneer die storm erger word, gooi hulle Jona uiteindelik in die see. Die storm hou dadelik op, en die see is weer kalm.

Wanneer Jona in die water afsink, sluk die groot vis hom in. Maar hy gaan nie dood nie. Hy is drie dae en drie nagte in die maag van daardie vis. Jona is baie jammer dat hy nie aan Jehovah gehoorsaam was en na Niʹneve toe gegaan het nie. Weet jy wat hy toe doen?

Jona bid tot Jehovah om hulp. Dan laat Jehovah die vis vir Jona op droë grond uitspoeg. Daarna gaan Jona na Niʹneve toe. Dit leer vir ons hoe belangrik dit is om te doen wat Jehovah sê, nè?

Die Bybelboek Jona.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel