DEEL 4
Van Israel se eerste koning tot gevangenskap in Babilon
Saul het Israel se eerste koning geword. Maar Jehovah het hom verwerp, en Dawid is gekies om in sy plek koning te wees. Ons leer baie van Dawid. As ’n jong man het hy teen die reus Goliat geveg. Later het hy vir jaloerse koning Saul gevlug. Toe het pragtige Abigail gekeer dat hy ’n dwase ding te doen.
Daarna leer ons baie dinge van Dawid se seun Salomo, wat in Dawid se plek koning van Israel geword het. Die eerste drie konings van Israel het elkeen 40 jaar lank regeer. Ná Salomo se dood is Israel in twee koninkryke, ’n noordelike en ’n suidelike koninkryk, verdeel.
Die noordelike tienstammeryk het 257 jaar bestaan voordat dit deur die Assiriërs vernietig is. En 133 jaar later is die suidelike tweestammeryk ook vernietig. Hierdie keer is die Israeliete as gevangenes na Babilon toe geneem. DEEL 4 dek 510 jaar van die geskiedenis, waartydens baie opwindende dinge gebeur het.