Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g17 nr. 2 bl. 12-13
  • ’n Besoek aan Spanje

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besoek aan Spanje
  • Ontwaak!—2017
Ontwaak!—2017
g17 nr. 2 bl. 12-13
Toledo, ’n gewilde stad in Spanje

Die stad Toledo is ’n goeie voorbeeld van hoe ryk die geskiedenis en kultuur van Spanje is. Dit het in 1986 ’n Wêrelderfenisgebied geword en is ’n gewilde bestemming vir toeriste

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Spanje

Spanje in oranje op die kaart aangedui

SPANJE is ’n land van groot verskeidenheid. Dit kan in die natuur en in die mense gesien word. Koringlande, wingerde en olyfboorde bedek die grootste deel van Spanje. Aan die suide is die see tussen Spanje en Afrika net 14 km breed.

Baie volke het na hierdie deel van Europa getrek. Hulle het gekom van Fenisië, Griekeland en Kartago, ’n stad in Noord-Afrika. Toe die Romeine hierdie gebied 2 300 jaar gelede oorgeneem het, het hulle dit Hispania genoem. Die land se kultuur is daarna ook deur ander nasies soos die Wes-Gote en die More beïnvloed.

In 2015 het meer as 68 miljoen mense Spanje besoek. Die meeste mense kom om die sonskyn en goue strande te geniet. Ander waardeer weer die kunstige en geskiedkundige skatte asook die mooi geboue. Die heerlike Spaanse kos lok ook baie besoekers. Tipiese geregte sluit in seekos, gerookte ham, geurige bredies, slaaie en groente wat met olyfolie gegeur of gekook word. Spaanse omelette, paella en tapas is wêreldwyd bekend.

Mariscada, ’n tipiese Spaanse seekos-gereg

Mariscada is ’n tipiese seekos-gereg

Twee Spaanse flamenco- dansers

Flamenco-dans

Spanjaarde is vriendelike mense wat graag saam met ander kuier. Die meeste sê dat hulle Rooms-Katoliek is, maar redelik min van hulle woon die misdiens by. In onlangse jare het baie mense van Afrika, Asië en Latyns-Amerika na Spanje getrek. Hulle geniet dit om oor hulle godsdiens en tradisies te praat. Jehovah se Getuies het gereeld interessante gesprekke met hulle en kon baie help om te leer wat die Bybel oor verskillende onderwerpe sê.

In 2015 het meer as 10 500 Getuies gehelp om 70 plekke van aanbidding (Koninkryksale) te bou of te herstel. Munisipaliteite het grond vir party van hierdie projekte geskenk. Omdat daar soveel mense van ander lande is, hou Jehovah se Getuies vergaderinge in Spaans en meer as 30 ander tale. In 2016 het meer as 186 000 mense ’n spesiale vergadering bygewoon om Jesus se dood saam met Jehovah se Getuies te herdenk.

HET JY GEWEET?

Spanje vervaardig meer olyfolie as enige ander land in die wêreld.

Die berg Teide op die Kanariese Eilande is 3 718 meter hoog, wat dit die hoogste berg in Spanje maak. As dit van sy voet op die seebodem af gemeet word, is dit die derde hoogste vulkaan in die wêreld.

  • HOOFTALE: SPAANS, BASKIES, KATALAANS, GALISIES EN VALENCIAANS

  • BEVOLKING: 46 439 000

  • HOOFSTAD: MADRID

  • KLIMAAT: VAN WARM SOMERS TOT YSKOUE WINTERS

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel