Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g16 nr. 1 bl. 12-13
  • ’n Besoek aan Liechtenstein

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besoek aan Liechtenstein
  • Ontwaak!—2016
Ontwaak!—2016
g16 nr. 1 bl. 12-13
’n Bedekte brug oor ’n rivier in Liechtenstein

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Liechtenstein

’n Kaart van Liechtenstein wat die grense met Switserland en Oostenryk aantoon

DIT is een van die kleinste lande in die wêreld en is in die Alpe, tussen Switserland en Oostenryk, geleë. Deur die eeue heen het Kelte, Retiërs, Romeine en Alemanne in hierdie gebied gewoon. Vandag is ongeveer twee derdes van Liechtenstein se bevolking afstammelinge van die Alemannestam wat hulle omtrent 1 500 jaar gelede in hierdie gebied gevestig het.

Duits is die amptelike taal van Liechtenstein, hoewel plaaslike dialekte van dorp tot dorp verskil. Twee van Liechtenstein se tipiese disse is Tüarka-Rebel, ’n spesialiteit wat van mielies gemaak word, en Käsknöpfle, ’n pastagereg met kaas.

Twee van Liechtenstein se tradisionele disse

Käsknöpfle

’n Vrou en ’n dogtertjie in Liechtenstein se kleurvolle volksdrag

Kleurvolle volksdrag

Wanneer besoekers deur die land reis, sien hulle sneeubedekte berge, groen valleie, wingerde en ’n verskeidenheid plantegroei. Byvoorbeeld, amper 50 wilde orgideesoorte kan in hierdie klein Alpynse landjie gevind word. Daar is ook museums, teaters en wynkelders in Liechtenstein. Toeriste besoek hierdie land dus in die somer en in die winter.

Jehovah se Getuies is al sedert die 1920’s in Liechtenstein bedrywig. Daar is ongeveer 90 van hulle in die land, en hulle leer inwoners sowel as besoekers van die Bybel se boodskap.

Die boek Wat leer die Bybel werklik? word in Duits, die amptelike taal van Liechtenstein, uitgegee deur Jehovah se Getuies en is aanlyn beskikbaar op jw.org

VINNIGE FEITE

  • Bevolking: 37 000

  • Hoofstad: Vaduz

  • Amptelike taal: Duits

  • Godsdiens: Hoofsaaklik Rooms-Katoliek

TOETS JOU KENNIS

Watter van die volgende beskryf Liechtenstein?

  1. Een van die twee lande in die wêreld wat heeltemal omring word deur lande wat nie aan ’n seekus grens nie.

  2. Het meer as 50 soorte soogdiere.

  3. Het ongeveer 1 600 plantspesies.

  4. ’n Land sonder ’n leër.

Antwoord: Al vier stellings is waar.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel