Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/15 bl. 8-9
  • ’n Besoek aan Mongolië

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besoek aan Mongolië
  • Ontwaak!—2015
Ontwaak!—2015
g 7/15 bl. 8-9
Mongole buite ’n tipiese ronde joert

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Mongolië

’n Wêreldkaart waarop Mongolië aangedui word

DJENGIS KHAN, ’n vreeslose krygsman uit die 12de eeu, het die grondslag gelê vir wat later die groot Mongoolse Ryk sou wees. Hedendaagse Mongolië, wat net ’n fraksie van die oorspronklike grootte van daardie ryk is, is geleë tussen Rusland en China en is een van die mees yl bevolkte lande in die wêreld.

Mongolië se landskap bestaan uit riviere, strome, majestueuse berge, golwende graslande en uitgestrekte grasvlaktes. In die suide is die Gobiwoestyn, wat bekend is vir die goed bewaarde dinosourusoorblyfsels wat daar gevind is. Mongolië is geleë op ’n gemiddelde hoogte van 1 580 meter bo seevlak, en daarom noem die inwoners dit die “Land van Blou Lug”. Die naam is heel gepas, aangesien Mongolië meer as 250 sonnige dae per jaar geniet!

Sneeuluiperd

Sneeuluiperd

Mongolië het uiterste klimaatstoestande. In die somer kan die kwik tot 40 grade Celsius styg en in die winter kan dit tot minus 40 grade Celsius daal. Byna ’n derde van die inwoners van Mongolië behoort aan rondtrekkende stamme. Die dag begin vroeg vir die mans en vroue wat hulle bokke, koeie, kamele en perde melk. Die Mongoolse dieet bestaan hoofsaaklik uit suiwelprodukte en vleis, en skaapvleis is ’n gunsteling.

Panne vol aaruul wat uitdroog

Koeke van dikmelk, of aaruul, word in die son gedroog

Mongole is gasvrye mense. Hulle ronde joert, of draagbare, tentagtige woning, word nie gesluit nie sodat enige verbyganger daar kan rus en die eetgoed kan eet wat vir hom daar gelaat is. Gaste word dikwels warm, melkerige tee met ’n bietjie sout aangebied.

Vandag is die meeste mense in Mongolië Boeddhiste. Party beoefen sjamanisme of behoort aan Islam of die Christelike godsdiens, maar baie behoort nie aan ’n godsdiens nie. Daar is meer as 350 Getuies van Jehovah in Mongolië, wat die Bybel tans met meer as 770 persone studeer.

’n Tweebultige kameel dra ’n groot vrag

Tweebultige kamele word selfs in ysige weer gebruik om vragte te dra

VINNIGE FEITE

  • Bevolking: 2 713 000

  • Hoofstad: Ulaanbaatar

  • Taal: Mongools, Russies en Turkies

  • Vernaamste uitvoerprodukte: Koper, steenkool, goud en kasjmier

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel