Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/15 bl. 8-9
  • ’n Besoek aan Honduras

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besoek aan Honduras
  • Ontwaak!—2015
Ontwaak!—2015
g 4/15 bl. 8-9
Die kuslyn van Honduras

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Honduras

’n Kaart van Honduras

HONDURAS beteken “dieptes” in Spaans, ’n woord wat Christophorus Columbus moontlik gebruik het om die waters langs hierdie land se Atlantiese kus te beskryf. Party sê dat Honduras sy naam so gekry het.

Vir die mense van Honduras is lojaliteit en samewerking in die gesin baie belangrik. Byvoorbeeld, die man en die vrou neem dikwels saam belangrike besluite—soos dié in verband met huishoudelike uitgawes of die opvoeding van kinders.

Die meeste mense van Honduras is mesties, dit wil sê van gemengde Europese en inheemse afkoms. Party groepe, soos die Chortí, het hulle oorsprong in hierdie land. Ander groepe, soos die Garifuna, is uit ander lande afkomstig.

’n Garifuna-musikant speel ’n hardehouttrom

’n Garifuna-musikant wat ’n hardehouttrom slaan

Die Garifuna is afstammelinge van Afrikane en Karibiese Indiane wat op St. Vincent-eiland gewoon het. Hulle het omstreeks 1797 in Islas de la Bahía (die Bay-eilande) aangekom. Later het hulle hulle langs die Karibiese kus van die Sentraal-Amerikaanse vasteland gevestig. Van daar af het die Garifuna regoor ander dele van Sentraal- en Noord-Amerika versprei.

Die Garifuna geniet opgewekte danse wat op die maat van hardehouttromme uitgevoer word. Hulle kultuur sluit ook in dat hulle helderkleurige tradisionele klere dra, verhale vertel en geregte eet soos ereba (’n groot, platkoek wat gemaak word van kassawe).

Daar is ongeveer 400 gemeentes van Jehovah se Getuies in Honduras. Die vergaderinge word gehou in Spaans sowel as Engels, Garifuna, Hondurese Gebaretaal, Mandaryns en Miskito.

’n Ereba

Ereba, ’n groot, platkoek wat gemaak word van kassawe

VINNIGE FEITE

  • Bevolking: 8 111 000

  • Hoofstad: Tegucigalpa

  • Regering: Demokratiese republiek

  • Taal: Spaans

  • Klimaat: Subtropies, matiger in die berge

  • Land: Meer as 75 persent van die vasteland is bergagtig. Daar is ook laagliggende kusvlaktes en eilande

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel