Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/15 bl. 3
  • Is Bybelbeginsels op ons tyd van toepassing?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is Bybelbeginsels op ons tyd van toepassing?
  • Ontwaak!—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Is die Bybel se raad vandag nog prakties?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2018
  • Sedelike waardes wat werklik verrykend is
    Ontwaak!—2013
  • Inleiding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Ouers, kinders—Kommunikeer met liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 2/15 bl. 3
’n Oop Bybel

VOORBLADONDERWERP

Is Bybelbeginsels op ons tyd van toepassing?

‘Vir die eerste keer in my lewe is ek gelukkig.’

HILTON het baie van boks gehou. Hy het al op sewejarige ouderdom by gevegte betrokke geraak—binne en buite die bokskryt! Toe hy op hoërskool was, het hy saam met sy vriende rondgeloop op soek na iemand om te slaan. “Ek het gesteel, gedobbel, na pornografie gekyk, vroue lastig geval en my ouers gevloek”, sê hy. “Ek het my so sleg gedra dat my ouers gedink het dat daar nie meer vir my hoop was nie. Nadat ek skool klaargemaak het, het ek die huis verlaat.”

Toe Hilton 12 jaar later teruggekeer het, kon sy ouers nie glo dat dit hulle seun is nie! Hy was so kalm, in beheer en respekvol. Wat het tot hierdie drastiese verandering gelei? Terwyl hy van die huis af weg was, het hy ernstig oor sy toekoms begin nadink. Hy het ook die Bybel ondersoek om te sien of dit hom kon help om sy lewe te verander. “Ek het die dinge wat ek in die Bybel gelees het, toegepas”, het Hilton gesê. “Dit het behels dat ek van my ou persoonlikheid ontslae moes raak en die gebod in Efesiërs 6:2, 3 om my ouers te eer, moes gehoorsaam. Vir die eerste keer in my lewe was ek werklik gelukkig, en ek het aan my ouers vreugde verskaf, nie nog hartseer nie!”

Hilton se verhaal lig toe dat Bybelwaardes wel op ons tyd van toepassing is en lewens kan verander (Hebreërs 4:12). Kom ons kyk na ’n paar van hierdie waardes—naamlik eerlikheid, selfbeheersing, getrouheid en liefde—en hoe dit ons lewe grootliks kan verryk.

’N VEROUDERDE BOEK?

’n Vullisblik vol verouderde rekenaaritems

Party mense sê dat die Bybel nie meer van toepassing is nie, soos ’n handleiding vir ’n verouderde rekenaar. Maar hierdie vergelyking is nie gepas nie en is bedrieglik. Rekenaars verander, en daarom word handleidings verouderd. Die basiese menslike natuur verander nie. Mense van vandag reageer byvoorbeeld baie dieselfde as wat ons voorouers gereageer het op liefde en haat, getrouheid en ontrouheid, goedhartigheid en wreedheid. Wanneer dit by die basiese dinge kom, “is [daar] dus niks nuuts onder die son nie”.—Prediker 1:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel