Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/14 bl. 10-11
  • ’n Besoek aan Belize

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besoek aan Belize
  • Ontwaak!—2014
Ontwaak!—2014
g 10/14 bl. 10-11
Die stad Belize

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Belize

Kaart van Belize

BELIZE is klein maar ryk aan verskeidenheid—van tropiese woude tot ’n turkooiskleurige see wat die talle eilande langs die kus omring. Maar hierdie verskeidenheid wat die natuurskoon betref, is net die begin van Belize se wonders.

Honderde voël- en diersoorte kan in hierdie land gevind word. Van die diere wat daar voorkom, is die kleurryke reënboogbektoekan (Ramphastos sulfuratus) en die Baird-tapir (Tapirus bairdii)—’n dier met ’n rubberagtige neus wat verwant is aan die renoster en op land en onder water vinnig kan beweeg! Dan is daar ook die alleenlopende jaguar (Panthera onca). Trouens, die wêreld se eerste jaguarreservaat is in Belize.

Jaguar

Die wêreld se eerste jaguarreservaat is in Belize

Belize het vroeër deel uitgemaak van die Maja-beskawing. Spaanse veroweraars het in die 16de eeu daar aangekom, maar hulle het die Majas nie heeltemal oorwin nie. Later het die Britte beheer oor die gebied verkry, en in 1862 het hulle dit amptelik as ’n kolonie verklaar en dit Brits-Honduras genoem. In 1981 het Belize onafhanklikheid verkry.

Die mense van Belize is net so kleurryk soos hulle omgewing. Party van die vernaamste etniese groepe is Kreole, Oos-Indiërs, Garifunas, Majas en Mestizo’s. Die mense is vriendelik en beleefd. Kinders gebruik dikwels die woorde “Juffrou”, “Mevrou” of “Meneer” wanneer hulle met volwassenes praat.

Beliziese vroue by ’n mark

Mark in die stad Belize

In Belize is daar gemeentes van Jehovah se Getuies in Amerikaanse Gebaretaal, Belize-Kreools, Engels, Mandaryns, Maja (Mopán), Nederduits en Spaans. In 2013 het omtrent 1 uit elke 40 mense in Belize die Herdenking van Christus se dood saam met die Getuies bygewoon.

HET JY GEWEET? Belize se koraalrif is meer as 290 kilometer lank. Dit maak deel uit van die tweede grootste walrif ter wêreld. Australië se Groot Barrière-rif is die grootste.

Belize se koraalrif

Belize se koraalrif maak deel uit van die tweede grootste walrif ter wêreld

VINNIGE FEITE

  • Bevolking: 333 000

  • Hoofstad: Belmopan

  • Regering: Parlementêre demokrasie

  • Tale: Belize-Kreools, Engels, Spaans

  • Klimaat: Subtropies

  • Land: Die vasteland bestaan uit berge, tropiese woude en moerasse. Daar is honderde eilande en eilandjies met wortelbome in die vlak kuswater

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel