Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/13 bl. 14
  • Die sondagsrokkie—’n Raaisel word opgelos

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die sondagsrokkie—’n Raaisel word opgelos
  • Ontwaak!—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Dag in die lewe van ’n skoenlapper
    Ontwaak!—1993
  • Vlieënde juwele van die trope
    Ontwaak!—2005
  • Hoe om ’n vlinder af te neem
    Ontwaak!—1992
  • ’n Oes met vlerke
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2013
g 12/13 bl. 14

Die sondagsrokkie—’n Raaisel word opgelos

EUROPESE waarnemers bewonder kleurryke sondagsrokkieskoenlappers (Vanessa cardui) al lank en het gewonder wat aan die einde van elke somer met hulle gebeur. Gaan hulle eenvoudig dood wanneer die winterkoue begin? Nuwe navorsing vertel ’n buitengewone verhaal. Die skoenlappers onderneem elke jaar ’n reis tussen Noord-Europa en Afrika.

Navorsers het inligting wat deur middel van gevorderde radartegnologie verkry is, gekombineer met duisende waarnemings wat vrywilligers oral in Europa aangemeld het. Daar is bevind dat miljoene sondagsrokkieskoenlappers aan die einde van die somer suidwaarts migreer en dat hulle meestal op ’n hoogte van meer as 500 meter vlieg—daarom word hulle byna nooit deur mense gesien nie. Die skoenlappers wag vir gunstige winde en vlieg dan tydens die lang reis na Afrika teen ’n gemiddelde snelheid van 45 kilometer per uur saam met die wind. Hulle jaarlikse migrasie van tot 15 000 kilometer begin so ver noord as die rand van die Noordpool en eindig so ver suid as tropiese Wes-Afrika. Hulle migreer byna twee keer so ver as die Noord-Amerikaanse koningvlinder. Dit neem ses opeenvolgende geslagte van sondagsrokkies om die heen- en terugreis te voltooi.

Professor Jane Hill van die Universiteit van York, in Engeland, verduidelik: “Sondagsrokkies hou aan beweeg, voortplant en trek.” Op dié wyse trek die hele bevolking elke jaar van Noord-Europa na Afrika en weer terug.

“Hierdie diertjie wat minder as ’n gram weeg, ’n brein het wat so groot soos ’n speldekop is en nie die geleentheid het om by ouer, ervare skoenlappers te leer nie, onderneem ’n buitengewone reis tussen twee vastelande”, sê Richard Fox, die opnamebestuurder by Butterfly Conservation. Daar is vroeër gedink dat hierdie insek “aan die genade van die wind oorgelewer is en blindelings gelei word totdat hy tydens die dodelike Britse winter in ’n doodloopstraat van die evolusieproses beland”, voeg Fox by. Maar hierdie studie “het getoon dat sondagsrokkies ervare reisigers is”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel