Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/13 bl. 12-13
  • ’n Besoek aan Azerbeidjan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besoek aan Azerbeidjan
  • Ontwaak!—2013
Ontwaak!—2013
g 7/13 bl. 12-13

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Azerbeidjan

AZERBEIDJAN is die grootste van die drie lande van Suid-Kaukasus. Ongeveer duisend jaar gelede het Turkiese stamme hulle in groot getalle in hierdie gebied begin vestig. Hierdie nedersetters het van die plaaslike tradisies aangeneem, en die plaaslike mense het aspekte van die nedersetters se kultuur aangeneem. Dit is dus nie verbasend dat die taal Azerbeidjans nou verwant is aan Turks en Turkmeens nie.

Azerbeidjanners staan bekend as opgewekte en hartlike mense. Familiebande is sterk, en familielede maak gedurende moeilike tye op mekaar staat.

Azerbeidjanners hou baie van musiek en gedigte. In een soort musiek wat moegam genoem word, dra ’n sanger klassieke Azerbeidjanse gedigte met begeleiding van volksinstrumente voor. ’n Moegam-sanger moet ’n deeglike kennis hê van tradisionele moegam-gedigte en -liedere en moet ook die kuns verstaan om sonder voorbereiding op te tree.

Tee is ’n belangrike deel van Azerbeidjanse kultuur

Tee is ’n belangrike deel van Azerbeidjanse kultuur. Die drankie word in peervormige glasies bedien met ’n suikerklontjie en dalk pistachioneute, amandels en rosyntjies. Teehuise kan selfs in die kleinste dorpies gevind word.

Die Kaspiese See, oos van die land, is ’n habitat van die steurvis. Die beloega-steurvis kan meer as 100 jaar oud word. Een van die grootstes wat nog gevang is, was 8,5 meter lank en het 1 297 kilogram geweeg! Steurvisse is gesog weens hulle eiers—hulle kuit—die beroemde en duur swart kaviaar.

Azerbeidjanners is godsdienstige mense wat daarvan hou om van God te praat. Die grootste deel van die bevolking is Moslems. Daar is ook ander godsdiensgroepe in die land, insluitende meer as ’n duisend Getuies van Jehovah—van wie baie gebore Azerbeidjanners is.

Tradisionele Azerbeidjanse musikante

HET JY GEWEET?

Jehovah se Getuies studeer die Bybel met miljoene mense regoor die wêreld met behulp van die boek Wat leer die Bybel werklik? Dit is beskikbaar in meer as 250 tale, wat Azerbeidjans insluit.

VINNIGE FEITE

  • Bevolking: 9 000 000

  • Hoofstad: Bakoe

  • Amptelike taal: Azerbeidjans

  • Vernaamste uitvoerproduk: Petroleum

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel