Wanneer moet jy jou kind begin leer?
● ’n Man in Summerville, Suid-Carolina, VSA, het geskryf dat hy, vandat sy vrou maar net drie maande swanger was, elke aand langs haar gelê het en hardop uit die Bybelstudiehulp My boek met Bybelverhale gelees het. “Nadat ons dogtertjie, Bethiah, gebore is”, het die vader gesê, “het ons hierdie roetine voortgesit—een verhaal per aand, totdat ons die boek drie keer deurgelees het.”
Hy het verder gesê: “Nog voordat Bethiah behoorlik kon praat, kon sy baie van die Bybelkarakters identifiseer en die handelinge van die karakters in ’n hele paar Bybelverslae in die boek namaak. Sy het ook geleer om baie Bybelverhale uit haar kop op te sê.”
Die 116 verhale in hierdie pragtig geïllustreerde boek wat in groot druk verskyn, is gerangskik in die volgorde waarin die Bybelkarakters gelewe het, wat die leser ook insig in Bybelchronologie gee. As jy hierdie boek met 256 bladsye wil ontvang, kan jy die bygaande koepon invul en dit pos na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.
□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.