Die wysheid van koning Salomo
● ’n Onderwyseres het ’n klas graadvierleerders gevra wat hulle weet omtrent koning Salomo wat in die Bybel gemeld word. Die negejarige Sheena het gesê dat hy ’n baie wyse koning was en het beskryf hoe hy die probleem opgelos het van twee vroue wat elkeen beweer het om die ma van dieselfde kind te wees. Haar klasmaats was aanvanklik geskok toe hulle hoor hoe Salomo die saak hanteer het, maar die onderwyseres het gesê dat dit ’n goeie oplossing was.
Sheena het verduidelik dat sy dit geleer het toe sy My boek met Bybelverhale gelees het, ’n boek wat die verhaal oor die wysheid van Salomo insluit. “Ses van my klasmaats wou die Bybelverhale-boek hê”, het Sheena verduidelik, en sy het bygevoeg: “My onderwyseres het ook vir een gevra. Ek moes dus altesaam sewe boeke skool toe neem.”
Jy kan ’n eksemplaar aanvra van My boek met Bybelverhale, wat 116 verhale bevat oor mense en gebeure in die Bybel. Jy kan ’n boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.