Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/11 bl. 3
  • Jy is “wonderbaar gemaak”!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy is “wonderbaar gemaak”!
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Noorweë se Olimpiese Spele—Was die ideale voldoende?
    Ontwaak!—1994
  • Wat jy moet weet omtrent energiebesparing
    Ontwaak!—2017
  • Die koning van spoed
    Ontwaak!—1996
  • Olimpiese ideale in ’n krisis
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 5/11 bl. 3

Jy is “wonderbaar gemaak”!

WENS jy soms dat jy die merkwaardige vermoëns kon hê wat sommige diere het? Jy sal dalk graag soos ’n albatros wil sweef, soos ’n dolfyn wil swem, soos ’n arend wil sien of soos ’n jagluiperd wil hardloop.

Ja, party diere het verbasende vermoëns. Maar ons het ook! Trouens, die menseliggaam is al as die volmaakte masjien beskryf. Ons kan natuurlik nie met blote masjiene gelykgestel word nie. Ons is skeppend, nuuskierig, het verbeelding en is vindingryk—eienskappe wat ons motiveer om masjiene te ontwerp waarmee ons feitlik enigiets kan doen wat ons ons ten doel stel. Ons kan vlieg, selfs vinniger as die snelheid van klank; op of onder die oppervlak van uitgestrekte oseane vaar; sowat 14 miljard ligjare in die ruimte in sien; die lewende sel in die fynste besonderhede ondersoek; en medikasie, terapieë en tegnologie ontwikkel wat ons help om siektes te diagnoseer en te behandel.

Selfs met geen of min tegnologiese hulpmiddele kan gesonde, goed opgeleide mense verstommende dinge doen. Byvoorbeeld, by die Olimpiese Spele doen gimnaste, hoogduikers, ysskaatsers, skiërs en ander atlete verbasende toertjies met soveel ratsheid, kunstigheid, skeppendheid en grasie dat dit toeskouers na hulle asem laat snak.

Waardeer jy die spesiale gawes wat jy as mens besit? Jy is dalk nie ’n Olimpiese atleet nie, maar jy het wel baie gawes waarvoor jy dankbaar kan wees. ’n Eertydse Bybelskrywer het sy waardering teenoor God in ’n lied uitgespreek: “Ek sal u prys, omdat ek op ’n vreesinboesemende wyse wonderbaar gemaak is” (Psalm 139:14).a Dink gerus na oor hierdie stelling terwyl jy die volgende artikels lees. Dit sal party van die wonders van die menseliggaam in groter besonderhede ondersoek, asook ander veel belangriker eienskappe wat ons waarlik uniek maak.

[Voetnoot]

a Lesers wat die kwessie van die skepping teenoor evolusie verder wil ondersoek, sal die brosjures Is lewe geskep? en Vyf belangrike vrae oor die oorsprong van lewe interessant vind. Jy kan hierdie brosjures by Jehovah se Getuies in jou omgewing of by die uitgewers van hierdie tydskrif kry.

[Venster op bladsy 3]

GEBOU OM ENERGIE TE BESPAAR

Ons regop liggaamshouding is baie energiebesparend, want dit vereis min spierwerking om ons liggaam in ’n vertikale posisie te hou. Trouens, ons ‘gebruik net 7% meer energie wanneer ons staan as wanneer ons lê’, sê die neurowetenskaplike navorser John R. Skoyles. Hy voeg by dat ’n hond omtrent 70 persent meer energie gebruik wanneer hy (op al vier bene) staan as wanneer hy lê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel