Hulle is nie te jonk nie
● Dit is wat ’n ma in Kalifornië, VSA, geskryf het oor ’n onderwerp wat in die boek Leer by die Groot Onderwyser bespreek word. Sy het verduidelik: “Verlede week het ons seun Javan, wat 3 jaar oud is, sy kinderarts besoek, en sy het gevra of ek en my man met Javan gepraat het oor hoe hy homself teen seksuele molestering kan beskerm. Ek was baie bly om vir haar te vertel van die Onderwyser-boek, wat verduidelik dat dit verkeerd sal wees vir enigiemand om met ’n mens se geslagsdele te speel. Die dokter was baie beïndruk dat ons met ons seun hieroor gepraat het.”
Die ma het bygevoeg: “Die manier waarop hierdie dinge in die boek bespreek word, is fantasties.” Die titel van die hoofstuk waarna sy verwys het, is “Hoe Jesus beskerm is”. Dit beskryf hoe Jesus se hemelse Vader sy Seun beskerm het toe die goddelose koning Herodes hom wou leed aandoen en hy te klein was om homself te beskerm (Matteus 2:7-23). Die boek verduidelik dan hoe selfs jong kinders geleer kan word om hulleself te beskerm teen iemand wat hulle probeer molesteer.
Jy kan hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye aanvra, wat dieselfde bladsygrootte as hierdie tydskrif het. Vul eenvoudig die bygaande koepon in en pos dit na die adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.
□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.