Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/10 bl. 24-26
  • Hoe kan ek my doelwitte bereik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan ek my doelwitte bereik?
  • Ontwaak!—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan ek my doelwitte bereik?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • 12 Doelwitte
    Ontwaak! — 2018
  • Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Gebruik geestelike doelwitte om jou Skepper te verheerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 10/10 bl. 24-26

Jongmense vra

Hoe kan ek my doelwitte bereik?

WAT sal jy graag wil hê?

● Meer selfvertroue

● Meer vriende

● Groter geluk

Eintlik kan jy al drie hê! Hoe? Deur doelwitte te stel en dit te bereik. Kyk na die volgende.

Meer selfvertroue Wanneer jy klein doelwitte stel en dit bereik, sal jy die selfvertroue hê om groter doelwitte aan te pak. Jy sal ook uitdagings waarvoor jy van dag tot dag te staan kom—soos portuurdruk—met groter selfvertroue die hoof kan bied. Ander sal heel moontlik sien dat jy selfvertroue het en jou daarvoor respekteer. Party sal miskien minder druk op jou uitoefen. Om die waarheid te sê, hulle sal jou dalk selfs begin bewonder.—Vergelyk Matteus 5:14-16.

Meer vriende Mense geniet dit om saam met persone te wees wat doelwitte het—persone wat weet wat hulle wil hê en bereid is om daarvoor te werk. En wanneer mense tot jou aangetrokke voel omdat jy doelwitte het, help hulle jou dikwels om jou doelwitte te bereik.—Prediker 4:9, 10.

Groter geluk Een ding is seker: Dis nie lekker om verveeld te wees of om te wag dat jou lewe interessant word nie. Maar wanneer jy doelwitte stel en sukses behaal, voel jy dat jy iets bereik het. Geen wonder dat die apostel Paulus, ’n eerste-eeuse Christen, eenkeer gesê het nie: “Ek hardloop nie sonder ’n doelwit nie” (1 Korintiërs 9:26, Contemporary English Version). En onthou: hoe groter die doelwit, hoe groter die gevoel van tevredenheid wanneer jy dit bereik!

Is jy gereed om te begin? Knip net die regterkantste bladsy uit, vou dit en volg dan die stappe wat uiteengesit word.a

Nog artikels uit die reeks “Jongmense vra” kan gevind word op die webwerf www.watchtower.org/ype

[Voetnoot]

a Hierdie wenke word gegee vir doelwitte wat jy binne ’n paar weke of maande kan bereik, maar die beginsels geld ook vir groter doelwitte.

IETS OM OOR TE DINK

● Is dit moontlik om te veel doelwitte op ’n slag te hê?—Filippense 1:10.

● Moet jy elke minuut van jou lewe beplan as jy doelwitte het?—Filippense 4:5.

[Venster/Prente op bladsy 25, 26]

Hoe jy jou doelwitte kan bereik

IDENTIFISEER JOU DOELWITTE Spreuke 4:25, 26 1

“Moenie bang wees om groot doelwitte te stel nie. As ander dit al bereik het, kan jy ook.”—Roben.

1. Dink aan moontlike doelwitte. Geniet hierdie stap! Moenie idees ontleed nie; skryf net soveel neer as wat jy kan. Kyk of jy met ten minste 10 of 20 moontlikhede vorendag kan kom.

2. Evalueer jou idees. Watter idees lyk die opwindendste? Watter bied die grootste uitdaging? Watter sal jy baie graag wil bereik? Onthou, die beste doelwitte is dié wat die meeste vir jou beteken.

3. Besluit watter die belangrikste is. Kies eers ’n paar korttermyndoelwitte wat jy binne ’n paar dae kan bereik. Kies dan ’n paar langtermyndoelwitte (wat binne ’n paar weke of maande bereik kan word). Nommer jou doelwitte in die volgorde waarin jy dit wil bereik.

Voorbeelde

Vriendskap Maak vriende met iemand wat nie in my ouderdomsgroep is nie. Hervat ’n ou vriendskap.

Gesondheid Oefen elke week altesaam 90 minute. Kry elke aand agt uur se slaap.

Skool Kry beter punte in wiskunde. Neem standpunt in vir wat reg is wanneer ander wil hê dat ek oneerlik moet wees in ’n toets.

Geestelikheid Lees die Bybel 15 minute elke dag. Vertel hierdie week ’n klasmaat van my geloof.

Beplan Spreuke 21:5 2

“Doelwitte is wonderlik, maar jy moet ook beplan om dit te bereik. Anders bly dit net doelwitte en word dit nooit ’n werklikheid nie.”—Derrick.

Doen die volgende vir elke doelwit wat jy gekies het:

1. Skryf jou doelwit neer.

2. Kies ’n sperdatum. Sonder ’n sperdatum is ’n doelwit maar net ’n droom!

3. Beplan watter stappe jy gaan volg.

4. Dink aan moontlike struikelblokke. Dink dan aan hoe jy dit sal oorkom.

5. Verbind jouself. Belowe jouself dat jy jou bes sal doen om hierdie doelwit te bereik. Teken dit nou en skryf die datum neer.

Leer Portugees vir my vakansie in Mosambiek 1 Julie

Stappe

1. Kry ’n taalgids.

2. Leer elke week tien nuwe woorde.

3. Luister terwyl ander mense Portugees praat.

4. Vra iemand of my grammatika en uitspraak reg is.

Moontlike struikelblokke

Niemand in die omgewing praat Portugees nie

Hoe ek dit kan oorkom

Laai Portugese oudio-opnames af van www.jw.org.

․․․․․ ․․․․․

Handtekening Datum

Tree op! Johannes 13:17 3

“Doelwitte kan maklik op die agtergrond geskuif word, en daarom moet jy op jou doelwitte konsentreer en daaraan bly werk.”—Erika.

Begin onmiddellik. Vra jou af: ‘Wat kan ek vandag doen wat my sal help om my doelwit te bereik?’ Jy het dalk nog nie elke besonderheid uitgewerk nie, maar moenie dat dit jou terughou nie. Die Bybel sê: “As jy wag totdat die wind en die weer net reg is, sal jy nooit iets plant en nooit iets oes nie” (Prediker 11:4, Today’s English Version). Kyk wat jy vandag kan doen—al is dit iets kleins—en doen dit.

Hersien jou doelwitte elke dag. Onthou waarom elke doelwit vir jou belangrik is. Hou boek van jou vordering deur ’n ✔ te maak of ’n datum te skryf langs elke stap wanneer jy dit voltooi.

Wees aanpasbaar. Ongeag hoe goed jy jou planne uitgewerk het, jy sal dalk met verloop van tyd aanpassings moet maak. Dis nie die ergste nie. Moenie voel dat jy streng by ’n plan moet bly nie. Hou net aan om na die einddoel toe te werk.

Gebruik jou verbeelding. Stel jou voor dat jy jou doelwit bereik. Kan jy jou indink hoe tevrede jy sal voel? Gaan dan stap vir stap terug en visualiseer elke stap. Laat alles dan van die begin af voor jou afspeel. Sien hoe jy elke stap voltooi, en stel jou voor hoe goed jy sal voel wanneer jy jou doelwit bereik. Spring dan weg!

[Prent]

Doelwitte is soos bouplanne—inspanning is nodig om dit ’n werklikheid te laat word!

[Venster/Prente op bladsy 25]

WAT JOU PORTUURS SÊ 4

“Dis maklik om mismoedig te raak as jy nie doelwitte het nie of niks het om na uit te sien nie. Maar wanneer jy wel doelwitte het en dit bereik, voel jy goed oor jouself.”—Reed.

“Moenie ontsteld raak as jy jou doelwit nie ten volle bereik of dit nie vinnig genoeg bereik nie. Om so te voel, help niks. Hou net aan probeer!”—Cori.

“Praat met mense wat reeds die doelwitte bereik het wat jy gestel het. Hulle kan jou inspireer en praktiese wenke gee. Vertel jou gesin ook van jou doelwitte sodat hulle jou kan ondersteun.”—Julia.

[Diagram op bladsy 24]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Knip uit

Vou

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel