’n Positiewe verskil wat onderwysers oplet
● Irena, ’n leerling in graad agt, woon in Koertowo Konare, ’n dorpie in Bulgarye. Haar ma het die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk op ’n oueraand vir Irena se onderwyseres gegee.
’n Ruk later het die onderwyseres, met die boek in haar hand, vir Irena gevra om voor die klas te kom staan. “Jy gaan vandag klas gee”, het sy vir Irena gesê. “Ek het ’n hoofstuk gekies wat jy moet lees, en ek wil hê dat jy ons moet vertel hoe julle gesin die wenke daarin toepas.” Die hoofstuk wat sy gekies het, was: “Waarom moet ek ‘my vader en my moeder eer’?”
Terwyl Irena vorentoe geloop het, het party van haar klasmaats genoem dat haar ouers anders is. Die onderwyseres het hulle in die rede geval en gesê: “Weet julle waarom hulle gesin anders is? Dit is omdat hulle die Bybel bestudeer. Ek het vir haar broers klas gegee, en ek het nog nooit in my loopbaan as ’n onderwyseres kinders teëgekom wat soveel respek toon en so goed opgevoed is nie.”
Die onderwyseres het Irena toe gevra om te lees. Nadat sy ’n paragraaf gelees het wat verduidelik het dat God aan ouers die reg gegee het om reëls neer te lê, het die onderwyseres gevra: “Irena, hoe werk dit in julle gesin? Beskou jy alles wat jou ouers vir jou sê, as wet?”
“Elkeen van ons het dalk ons eie mening”, het Irena verduidelik, “maar die Bybel sê dat kinders hulle ouers moet respekteer en aan hulle onderdanig moet wees, en ons doen dit. Ons word wel toegelaat om dinge saam te bespreek, en elkeen van ons kry die geleentheid om ons mening te lug.” Ná die klas was almal tevrede met haar verduidelikings.
Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.