Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/10 bl. 32
  • “Bly na aan Jehovah!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Bly na aan Jehovah!”
  • Ontwaak!—2010
Ontwaak!—2010
g 6/10 bl. 32

“Bly na aan Jehovah!”

Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies

● Duisende van hierdie driedaagse streekbyeenkomste, wat in September in Suid-Afrika sal begin, sal regoor die wêreld gehou word. In Suid-Afrika sal die sessies elke dag om negeuur die oggend met ’n musiekprogram begin. Vrydag se tema, wat op Psalm 73:28 gebaseer is, is “Dit is vir my goed om nader aan God te kom”. Die voorsittersrede sal gevolg word deur die toesprake “Streekbyeenkomste help ons om na aan Jehovah te bly” en “Die Seun is bereid om Hom te openbaar”. Dan sal die simposium “Volg diegene na wat intimiteit met Jehovah behou het” bespreek hoe Abraham, Rut, Hiskia en Maria dit gedoen het. Die oggendprogram sal afsluit met die programrede “Hoe Jehovah nader aan ons kom”.

Op Vrydagmiddag sal die eerste deel, “Antwoorde op vrae oor Jehovah”, gevolg word deur die toesprake “Laat Jehovah se dissipline jou vorm” en “Moet nooit ‘woedend word vir Jehovah’ nie”. Dan sal die vyfdelige simposium “Kommunikasie help gesinne om na aan Jehovah te bly” gehou word. Hierdie dele se temas is: “Jehovah, die Groot Kommunikeerder”, “Mans, kommunikeer met julle vrouens!”, “Vrouens, kommunikeer met julle mans!”, “Ouers, kommunikeer met julle kinders!” en “Kinders, kommunikeer met julle ouers!” Die middagsessie sal afsluit met die toespraak “Die skepping openbaar ‘die lewende God’!”

Saterdag se tema is “Sy intimiteit is met die regskapenes”, gebaseer op Spreuke 3:32. Die simposium “Help mense om ‘met God versoen te raak’” sal die volgende vyf dele insluit: “Vervreemd en sonder hoop”, “Hy het hulle gevra”, “Vervul jou rol as ’n helper in die evangelisasiewerk”, “Wen hulle deur goeie gedrag” en “Volhard ywerig in jou pogings”. Ná die toesprake “Voltydse diens versterk jou verhouding met Jehovah” en “Vir dié wat Jehovah liefhet, ‘is daar geen struikelblok nie’” sal die sessie afsluit met ’n dooptoespraak, waarna diegene wat aan die vereistes voldoen, die geleentheid sal hê om gedoop te word.

Saterdagmiddag se program sal die agtdelige simposium insluit “Moet niks tussen jou en Jehovah laat kom nie”—“Satan se subtiele pogings”, “Trots”, “Geld”, “Gesondheid”, “Loopbaan”, “Ontspanning”, “Familie” en “Tegnologie”. ’n Spesiale klankdrama “Moenie beswyk wanneer jy deur Jehovah tereggewys word nie!” sal volg. Die dag se sessie sal afsluit met die toespraak “Bly na aan Jehovah, soos Jeremia gedoen het”.

Sondag se tema, wat gebaseer is op Josua 23:8, is ‘Julle moet Jehovah aankleef’. Ná die openingslied en gebed in die oggend sal die simposium “Waardeer Jehovah se innemende persoonlikheid” hierdie agt eienskappe bespreek—“Genaakbaarheid”, “Empatie”, “Waardering”, “Vrygewigheid”, “Onpartydigheid”, “Vergewensgesindheid”, “Redelikheid” en “Lojaliteit”. Daarna sal die openbare toespraak “Hoe kan jy nader aan God kom?” gehou word. Die oggendsessie sal afsluit met ’n opsomming van die week se Wagtoring-studie.

’n Hoogtepunt van Sondagmiddag se sessie is ’n gekostumeerde drama wat in die eerste-eeu afspeel. Dit handel oor Christene se vlug uit Jerusalem en het die tema “Wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie”. Ná die drama sal die byeenkoms afsluit met die toespraak “Bly ‘in die skuilplek van die Allerhoogste’”.

Tref nou al reëlings om dit by te woon. Jy kan by die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies uitvind waar die streekbyeenkoms naaste aan jou gehou sal word, of jy kan skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif. ’n Lys van plekke waar streekbyeenkomste regoor die wêreld gehou sal word, kan gevind word op die webwerf www.jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel