Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/10 bl. 32
  • Hoe kan jy nader aan God kom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan jy nader aan God kom?
  • Ontwaak!—2010
Ontwaak!—2010
g 5/10 bl. 32

Hoe kan jy nader aan God kom?

Die Bybel sê: “Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom” (Jakobus 4:8). Glo jy dat mense ’n hartlike, hegte verhouding met die Skepper kan geniet? Voordat jy hierdie vraag egter kan beantwoord, moet jy betroubare antwoorde op selfs belangriker vrae vind. Byvoorbeeld:

Bestaan God?

Indien wel, het hy met die mensdom gekommunikeer? Hoe het hy dit gedoen?

Is die Bybel ’n bewys van hierdie kommunikasie? Hoe kan ons seker wees?

Dit is waarskynlik die belangrikste vrae wat ons ooit kan vra, en dit sal bespreek word in die openbare toespraak met die tema “Hoe kan jy nader aan God kom?” Hierdie toespraak sal gehou word by die “Bly na aan Jehovah!”-streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies, wat regoor die wêreld gehou sal word en in Augustus in Suid-Afrika sal begin.

Jy word hartlik uitgenooi om die byeenkoms naaste aan jou by te woon. Tree gerus in verbinding met Jehovah se Getuies in jou omgewing vir spesifieke besonderhede, of skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif. ’n Lys van plekke waar streekbyeenkomste regoor die wêreld gehou sal word, kan gevind word op die webwerf www.jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel