Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 2/10 bl. 3
  • “Ek het genoeg gehad!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek het genoeg gehad!”
  • Ontwaak!—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Egskeiding het wel slagoffers
    Ontwaak!—1991
  • Die egskeidingsontploffing
    Ontwaak!—1992
  • Egskeiding—die wrange vrugte
    Ontwaak!—1992
  • Egskeiding—Wat sê die Bybel werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 2/10 bl. 3

“Ek het genoeg gehad!”

Die vervalle huis toon tekens van verwaarlosing. Dit het oor die jare heen baie storms getrotseer, nie altyd met welslae nie. Die huis is nou wankelrig en lyk asof dit binnekort gaan ineenstort.

HIERDIE toneel beskryf die toestand van baie huwelike van vandag. Het jy al gevoel dat jou eie huwelik dalk op dieselfde uiteinde afstuur? Indien wel, wees verseker dat geen egpaar immuun is teen probleme nie. Trouens, die Bybel is realisties wanneer dit erken dat diegene wat trou, waarskynlik “pyn en droefheid” sal ondervind.—1 Korintiërs 7:28, The New English Bible.

Een navorsingspan beklemtoon die waarheid van hierdie woorde deur die huwelik te beskryf as “die mees gewaagde onderneming wat gereeld deur die grootste aantal mense in ons samelewing aangepak word”. Hulle voeg by: “’n Verhouding wat aanvanklik vol vreugde en verwagtinge was, kan die frustrerendste en pynlikste onderneming in ’n mens se lewe word.”

Wat van jou huwelik? Word dit gekenmerk deur een van die volgende probleme?

  • Aanhoudende stryery

  • Bitter woorde

  • Ontrouheid

  • Gegriefdheid

Wat moet jy doen as jou huwelik wankelrig is en lyk asof dit binnekort gaan ineenstort? Is egskeiding die antwoord?

“NIE MEER DIE UITSONDERING NIE, MAAR DIE REËL”

In party lande het egskeidingsyfers die hoogte ingeskiet. Dink aan die Verenigde State, waar egskeiding jare lank redelik ongewoon was. Ná 1960, skryf Barbara Dafoe Whitehead in haar boek The Divorce Culture, “het die egskeidingsyfer teen ’n verstommende tempo gestyg”. Sy sê: “Dit het in ongeveer ’n dekade verdubbel en aangehou styg tot in die vroeë 1980’s, toe dit onder gevorderde Westerse gemeenskappe op die hoogste vlak gestabiliseer het. As gevolg van hierdie skerp en volgehoue toename was egskeiding binne drie dekades nie meer die uitsondering nie, maar die reël in die Amerikaanse samelewing.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel