Sy het haar standpunt ingeneem vir wat sy glo
◼ Tydens ’n onlangse skoolvakansie moes die sewejarige Morgan se graadeenklas ’n verhaal oor Kersfees lees. Morgan het die onderwyseres daaraan herinner dat sy voel dat hierdie viering nie met die Bybel ooreenstem nie. Haar onderwyseres het goedgunstiglik toegelaat dat sy ’n verhaal lees wat nie haar gewete sou pla nie.
’n Ruk later is ’n prysuitdeling by die skool gehou, en Morgan se gesin is genooi om dit by te woon. Morgan was verbaas toe sy by die geleentheid ’n toekenning ontvang het omdat sy moedig haar standpunt ingeneem het vir wat sy glo. Toe sy gevra is waar sy sulke moed vandaan gekry het, het sy verduidelik dat sy en haar gesin saam uit die boek Leer by die Groot Onderwyser lees, waarvan die lesse op die lewe en leringe van Jesus Christus gebaseer is.
Hierdie boek met 256 bladsye, wat vol kleurvolle prente is, voorsien ’n grondslag vir ouers om interaktiewe besprekings met hulle kinders te geniet. Dit sluit hoofstukke in soos “Hoekom ons nie leuens moet vertel nie”, “Keur God alle partytjies goed?” en “Hulp om ons vrese te bowe te kom”.
As jy graag ’n eksemplaar wil ontvang, vul asseblief die bygaande koepon in en pos dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.
□ Lewer asseblief ’n eksemplaar van die boek Leer by die Groot Onderwyser by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.