Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/09 bl. 3
  • Sleutel 1: Die regte prioriteite

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sleutel 1: Die regte prioriteite
  • Ontwaak!—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer huweliksmaats nie saamstem nie
    Hulp vir die gesin
  • Wanneer ’n vriendskap te heg raak
    Ontwaak!—2013
  • Hoe om ’n egskeiding te vermy wanneer julle ouer is
    Hulp vir die gesin
  • Sleutel 6: Vergifnis
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 10/09 bl. 3

Sleutel 1: Die regte prioriteite

‘Maak seker van die belangriker dinge.’—Filippense 1:10.

Wat dit behels. In suksesvolle huwelike stel albei huweliksmaats die ander een se behoeftes bo sy of haar eie, bo besittings, werk, vriende en selfs ander familielede. Die man en vrou bring baie tyd met mekaar en met die kinders deur. Albei is bereid om opofferings te maak ter wille van die gesin se belange.—Filippense 2:4.

Waarom dit saak maak. In die Bybel word groot waarde aan die gesin geheg. Trouens, die apostel Paulus het geskryf dat ’n persoon wat nie vir sy gesin sorg nie, “erger as ’n ongelowige” is (1 Timoteus 5:8). Maar iemand se prioriteite kan mettertyd verander. Een gesinsberader het byvoorbeeld gesê dat baie mense wat een van sy konferensies bygewoon het, blykbaar meer op hulle loopbaan ingestel was as op hulle gesin. Hy sê dit was asof hulle verwag het om “kitsoplossings” te kry sodat hulle “‘gesin’ op hulle lys kon afmerk en hulle weer op hulle beroep kon toespits”. Die les? Dit is makliker om te sê dat ons ons gesin eerste stel as om dit te toon.

Probeer hierdie oefening. Bepaal wat jou prioriteite is deur die volgende vrae as ’n riglyn te gebruik.

◼ Skenk ek so gou as moontlik aandag aan my maat of kind wanneer hulle oor iets wil praat?

◼ Wanneer ek ander van my bedrywighede vertel, vind ek dat ek dikwels oor dinge praat wat ek saam met my gesin doen?

◼ Sou ek bykomende verantwoordelikhede (by die werk of elders) van die hand wys as my gesin my tyd nodig het?

As jy op die vrae hierbo ja geantwoord het, neem jy dalk aan dat jy die regte prioriteite het. Maar hoe sou jou maat en kinders hierdie vrae oor jou beantwoord? Hoe ons onsself sien, is nie die enigste maatstaf waarteen ons prioriteite gemeet word nie. En dieselfde beginsel geld ook vir die ander sleutels tot sukses wat op die volgende bladsye bespreek sal word.

Stel ’n doelwit. Dink aan een of twee maniere waarop jy kan toon dat jy jou gesin eerste stel. (Byvoorbeeld: Oorweeg dit om minder tyd te bestee aan dinge wat moontlik inbreuk maak op tyd wat jy eerder met jou maat en kinders kan bestee.)

Praat met jou gesin oor jou doelwitte. Wanneer een lid toon dat hy of sy bereid is om te verander, sal die ander meer geneig wees om dit ook te doen.

[Prent op bladsy 3]

’n Suksesvolle ouer beskou sy of haar huweliksmaat en kinders as ’n hoë prioriteit

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel