Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/09 bl. 32
  • ‘Dit beantwoord ons vrae’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Dit beantwoord ons vrae’
  • Ontwaak!—2009
Ontwaak!—2009
g 7/09 bl. 32

‘Dit beantwoord ons vrae’

◼ ‘Dit beantwoord ons vrae.’ Dit is wat jongmense sê oor die nuwe boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2. “Ek het verward en onseker van myself gevoel”, het Jessicah in Texas, VSA, geskryf. “Hierdie boek het my werklik bemoedig. Dit was vir my goed om te weet dat daar baie tieners soos ek is wat struikelblokke op hulle weg teëkom terwyl hulle God probeer dien. Die boek het feitlik elke vraag beantwoord wat ek as jongmens gehad het.”

Breann, in Colorado, het gesê: “Julle boek slaag in sy doel om kommunikasie tussen ouers en kinders aan te moedig. Wanneer ek met my ma wil praat, haal ek die boek uit en lees ek direk daaruit. ’n Vriendin van my is ook van plan om met haar ouers te gaan praat net omdat sy hierdie boek gelees het.”

Die eerste hoofstukke van die boek bespreek vrae oor ’n onderwerp waarin veral jongmense belangstel—verhoudings met die teenoorgestelde geslag. Katrina, in New Jersey, het geskryf: “Die boek het my absoluut oortuig dat ek nie gereed is om met seuns uit te gaan nie, ongeag wat enigiemand anders sê. Buitendien, as ’n mens ongetroud is, gee dit jou die geleentheid om soveel wonderlike dinge te doen! Ek wil dit nie nou al prysgee nie. En wanneer ek gereed is om met iemand uit te gaan, sal ek beter weet waarna ek in ’n maat moet soek en hoe ek te werk moet gaan.”

Jy kan ’n eksemplaar van hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief ’n eksemplaar van hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Prent op bladsy 32]

Jessicah

[Prent op bladsy 32]

Breann

[Prent op bladsy 32]

Katrina

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel