“Hoe kan jy die einde van die wêreld oorleef?”
◼ Wat bedoel die Bybel wanneer dit van die einde van die wêreld, of die teenswoordige stelsel van dinge praat? Verwys dit na ’n aardwye kernoorlog wat die hele mensdom kan uitwis? Of na ’n natuurverskynsel soos ’n botsing met ’n asteroïed? Interessant genoeg, die Bybel sê dat “’n groot menigte” mense die einde van die wêreld sal oorleef (Openbaring 7:9, 10, 14). Wie sal hulle wees? Kan jy een van hulle wees?
Hierdie belangrike vrae sal beantwoord word in ’n openbare toespraak met die tema “Hoe kan jy die einde van die wêreld oorleef?” Dit sal gehou word by die “HOU AAN WAAK!”-streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies, wat regoor die wêreld gehou sal word en later in 2009 in Suid-Afrika sal begin. Jy word hartlik uitgenooi om die byeenkoms naaste aan jou by te woon. Tree in verbinding met Jehovah se Getuies in jou gebied of skryf aan die uitgewers van hierdie tydskrif.