Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/09 bl. 32
  • Kinders is dol oor die boek!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kinders is dol oor die boek!
  • Ontwaak!—2009
Ontwaak!—2009
g 4/09 bl. 32

Kinders is dol oor die boek!

◼ Die boek Leer by die Groot Onderwyser fassineer kinders van alle ouderdomme. Een meisie het geskryf: “Daar is baie dinge omtrent die boek wat ek geniet het. Ek het byvoorbeeld baie gehou van al die prente. Die helder kleure trek die leser se aandag. Toe ek die boek gelees het, het ek tyd geneem om die prente te ontleed om te sien hoe dit met die verhaal verband hou!

“Nog iets in die boek waarvan ek gehou het, is die woorde wat gebruik word. Dis maklik om te verstaan en maak dit lekkerder om te lees.

“Toe ek hierdie boek gelees het, het ek my verwonder oor die manier waarop dit moderne probleme bespreek, asook hoe ons dit kan vermy. Hoofstukke wat ek werklik waardeer het, was: ‘Ons moet versoekings weerstaan’, ‘’n Les om goedhartig te wees’ en ‘Wil jy altyd eerste wees?’”

Jy kan hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye aanvra, wat dieselfde bladsygrootte as hierdie tydskrif het. Vul eenvoudig die bygaande koepon in en pos dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.

□ Lewer asseblief die boek Leer by die Groot Onderwyser by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel