Dit help hulle om ’n sinvoller lewe te lei
◼ Die boek “Kom word my volgeling” het ’n diepgaande uitwerking gehad op baie wat dit gelees het. “Dit het Jesus vir my werkliker gemaak”, het een vrou gesê. “Ek verstaan sy rol beter. Ek wil nou ’n sinvoller lewe lei en deelneem aan die verkondiging van die goeie nuus wat die mensdom so dringend nodig het.”
’n Vader skryf: “Die boek het my laat besef hoe belangrik dit is dat ons die volmaakte voorbeeld volg wat Jesus vir ons gestel het . . . Hierdie boek het my geleer om te peins oor Jesus se leringe en die eienskappe wat hy aan die dag gelê het toe hy hier op die aarde was—nederigheid, liefde, groot geduld, gehoorsaamheid en volharding. Jesus het ’n uitstekende voorbeeld gestel wat my aanmoedig om te volhard.”
’n Ander leser het heelhartig saamgestem met die stelling op die agterblad van die boek, wat ten dele sê: “Jesus Christus is die godgegewe Leier wat elke mens nodig het. . . . Hierdie boek sal jou help om Jesus intiemer te leer ken en hom noukeuriger te volg.” Die leser het toe gesê: “Die boek help ons werklik om Jesus lief te hê, geloof in hom te beoefen en aan hom gehoorsaam te wees en hom te volg.”
“Kom word my volgeling” het 192 bladsye, met 13 volblad-kleurprente wat verskillende aspekte van Jesus se lewe op aarde afbeeld. Jy kan ’n eksemplaar van hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief ’n eksemplaar van hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.